Bouwerk begin aan tweede fase van lughawepad
Augetto Graig – 'n Skenking deur China Aid ter waarde van 'n miljard dollar sal gebruik word om die tweede fase van die nuwe verbypad na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako te bou.
Die uitvoerende hoof van die Paaieowerheid (RA), mnr. Conrad Lutombi, het Vrydag die werk op 'n konstruksieperseel naby Neudamm aan die Zhong Mei Engineering-groep oorhandig.
Die dubbelbaansnelweg van 21,3 km sal vanaf die lughawe tot by die afdraai na Dordabis strek en sluit drie interseksies en twee brûe in.
Verkeer en vrag sal volgens Lutombi met voltooiing vinniger op die roete kan beweeg.
Die fase van die projek moet binne drie jaar voltooi word. Die Namibiese regering sal betaal vir die huur- en onderhoudskoste van die kontrakteur en ingenieurs se kampe.
Die Chinese ambassade in Namibië het onder die vaandel van die Chinese Projekbestuuronderneming (CPME) die kontrakteur in samewerking met die RA en regering aangestel. Slegs Chinese maatskappye in Namibië kon vir die werk aansoek doen. VKE Namibia is as plaaslike konsultant aangestel.
Volgens Lutombi sal sowat N$120 miljoen op die Namibiese kontrakteur en subkontrakteurs bestee word, terwyl tussen 270 en 300 werknemers aangestel sal word. Die meerderheid sal Namibiërs wees.
Die projekbestuurder, mnr. Hongtao Huang, het gesê Zhong Mei is geëer om die kontrakteur te wees.
Opleiding en die oordrag van vaardighede sal volgens hom plaasvind en van plaaslike dienste en goedere gebruik gemaak word.
“Ons is opgewonde en sien uit na die geleentheid om saam met die projekspanne te werk, om hierdie projek betyds, teen hoë gehalte en teen spesifikasies te lewer,” het hy gesê.
Die Universiteit van Namibië se visekanselier, prof. Kenneth Matengu, was ook teenwoordig. Unam het die grond vir die perseel voorsien en sal ook water aan die kontrakteurs lewer.
– [email protected]
FOTO’s Augetto Graig
Die uitvoerende hoof van die Paaieowerheid (RA), mnr. Conrad Lutombi dank China vir die miljard dollar skenking om die uitbreiding van die lughawepad te voltooi.
Die projekbestuurder mnr. Hongtao Huang sê Zhong Mei sal ’n goeie en suksesvolle projek binne die spertyd lewer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie