Bouwerk by Okahandja inkoopsentrum vorder fluks
Hoewel ''n groot gedeelte van die Okahandja-inkoopsentrum reeds sake doen, wag baie verrassings op die tuindorp se inwoners.
Okahandja se inkopiesentrum wat reeds in Mei in gebruik gestel is deur die eerste minister, dr. Hage Geingob, spog met ’n groot verskeidenheid winkels soos Unique Shoes, That Crazy Store, Café Nandi, Luka Optics en Bosman Biltong uit Namibië en Suid-Afrikaanse kettingwinkels soos Edgars Active, Pep, Pep Home, Jet, Mr. Price, Sheet Street, Ackermans, Shoprite en ander. Vir die hongeres is daar ook baie om van te kies, soos Hungry Lion, Debonairs, Mama’s Kitchen, Fish-Aways en Café Nandi vir diegene wat etes wil wegneem, en die Grand Lake Spur vir die wat wil agteroorsit en ’n maaltyd geniet.
“Die hele eetarea is reeds oop en dit lok honderde besoekers na die sentrum. Die verskeidenheid kossoorte wat aangebied word saam met die opsie om te sit en eet, verbeter die hele inkopie-ervaring. Dit maak die Okahandja-inkopiesentrum ? eenstop-winkel,” het mnr. Garth Mouton, die ontwikkeling se projekbestuurder gesê.
Volgens Mouton is hy baie opgewonde oor die opening van Bank Windhoek en FNB Namibia.
“Hulle teenwoordigheid by die inkoopsentrum bring meer gerief vir die dorp se inwoners en vir mense wat deur die dorp reis.”
Die sentrum word in vier fases gebou met die derde fase wat teen einde November voltooi sal wees. Dié fase beloof nog inkopie-geleenthede met kettings soos Clicks, OK Furniture en nog ’n hele paar kleiner spesialis winkels wat hul deure dan open.
“Ons beoog om fase vier teen middel 2015 te voltooi. Hierdie fase sal bestaan uit kantoorblokke, ’n gimnasium, en die langverwagte bioskoop,” het Mouton gesê.
The Market is ’n spesiale deel van die sentrum wat Namibiese kuns- en handwerkwinkels sal huisves. Dit sal teen die einde van die jaar voltooi wees. Hier sal inwoners van Okahandja handgemaakte kuns vertoon en verkoop. Huurders betaal ’n gesubsidieerde tarief om entrepreneurskap te bevorder.
“Ons geniet baie ondersteuning van die dorp se inwoners, toeriste en mense wat deur die dorp reis. Ons is dankbaar vir hul ondersteuning en ons is baie trots op wat ons saam met Okahandja se gemeenskap bereik het. Ons sien uit na meer van hierdie projekte om die dorp te ontwikkel in ’n wêreldklas tuinstad,” het Mouton afgesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie