Bradley se kop rol ná minder as 3 maande
Sokker
Die ongenaakbare aard van die Engelse Premiersokkerliga is nogmaals onderstreep toe Swansea City Dinsdagaand sy afrigter, die Amerikaner Bob Bradley, ná minder as drie maande aan die stuur die trekpas gegee het.
Swansea is Maandag op sy tuisveld met 4-1 slae gegee deur West Ham United en is saam met Hull City aan die voetenent van die puntelys. Swansea het ná 18 wedstryde net 12 ligapunte.
“Ons is jammer dat ons Bob ná só 'n kort tydperk moet laat gaan, maar ongelukkig het dinge nie uitgewerk soos ons gehoop het nie. Ons het gevoel ons moes dié besluit neem met die helfte van die Premierliga-seisoen wat nog oor is,” het Huw Jenkins, voorsitter van die klub, gesê.
TWEE UIT ELF GEWEN
Onder die 58-jarige Bradley se leiding kon Swansea slegs twee oorwinnings en twee gelykopuitslae in elf wedstryde behaal. In dié tyd het die span boonop 29 doele afgestaan.
Bradley was net vir 85 dae aan die stuur van dié Walliese klub, nadat hy Francesco Guidolin op 3 Oktober vervang het.
“Ek het presies geweet waarin ek myself begewe toe ek Swansea toe gekom het en die moeilikste deel sou altyd wees om op die kort termyn ligapunte in te samel,” is Bradley aangehaal op die Twitter-rekening van die Sky Sports-aanbieder Jim White.
“Maar ek glo in myself en het die spelers aangemoedig om met dieselfde houding te speel.
“Sokker kan wreed wees en 'n mens moet sterk bly. Ek wens Swansea alle sterkte toe vir die toekoms,” het Bradley, gewese afrigter van Amerika se nasionale span, gesê.
Die voormalige Manchester United-held Ryan Giggs is volgens Britse beroepswedders die vroeë gunsteling om Bradley te vervang, terwyl Wallis se nasionale afrigter, Chris Coleman, ook as 'n sterk kandidaat beskou word. – Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie