Bragiterapie se rol in die behandeling van prostaatkanker
Bragiterapie se rol in die behandeling van prostaatkanker

Bragiterapie se rol in die behandeling van prostaatkanker

Gerine Hoff
Dr. Andre Dreyer – Die prostaatklier help met vorming van semen en onder mans ouer as 50 jaar, kan die klier nie-kwaadaardig vergroot en die urinebaan vernou, of 'n kanker ontwikkel.
Vir 'n ouer persoon met 'n stadig-groeiende kanker hoef daar nie altyd behandeling te wees nie. Dit kan eers dopgehou word, met behandeling as dit meer aggressief raak. In 'n jonger persoon is die regte behandeling egter noodsaaklik.
Vir elke 100 prostaatkankergevalle is daar 13 mense wat daaraan sterf in Amerika, wat 'n goeie gesondheidstelsel het. In Namibië kry alle rasse prostaatkanker, maar gelukkig is daar goeie opsporing sodat dit meestal vroeg opgetel word.
Vir 'n vroeë prostaatkanker wat stadig tot matig groei, is daar 3 opsies:
• ’n Radikale prostatektomie verwyder die prostaat met behoud van blaasfunksies. Seksuele funksie kan soms behoue word. Herstel is gewoonlik gou en langtermyn-lewensgehalte is goed.
• Konvensionele bestraling van buite word daagliks vir ses tot agt weke gegee. Lewensgehalte is goed en langtermyn-uitkoms net 'n kortkop agter die operasie.
• 'n Derde opsie is bragiterapie. Hier word radio-aktiewe sade direk in die prostaat geplaas wat dan die bestraling direk op die prostaatklier gee. Die voordeel is dat die omliggende blaas en rektum minder bestraling kry, sodat die sterkte van bestraling op die prostaat meer gemaak word, sonder om die normale weefsels aan te tas. Die uiteindelike genesingssyfer is hoog.
In laasgenoemde geval is dit belangrik dat 'n uroloog die pasiënt ondersoek en seker maak in watter stadium die siekte is. Die radio-aktiewe sade word bestel en die uroloog en onkoloog doen saam die inplanting. Daarna word die pasiënt ontslaan en gaan met sy lewe aan terwyl die sade nege maande lank die kanker bestraal.
Aanvanklik kan daar swelling van die prostaat wees met irritasie tydens urinering. Dit verbeter mettertyd. In die lang termyn is die genesingsyfer hoog, met min newe-effekte.
*Dr. Dreyer is ’n kliniese en bestralingsonkoloog verbonde aan GVI Technologies wat by Paramount Healthcare Centre in Windhoek (061 287 1103) gekontak kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!