• Tuisblad
  • Landbou
  • Brahmane, Simmentalers bied nasionale kampioenskappe aan

Brahmane, Simmentalers bied nasionale kampioenskappe aan

Windhoek Skou 2018
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Namibië se Brahman- en Simmentaler-telers het die naweek met hul topdiere aan die twee rasse se nasionale kampioenskappe by die Windhoek Skou deelgeneem.

Die Brahmanras is 64 jaar gelede na die land gebring en negentien telers het met 193 diere aan die kampioenskappe deelgeneem.

Daarteenoor het nege telers altesaam 83 Simmentalers vir dié ras se nasionale kampioenskappe ingeskryf. Hierdie ras is die oudste Europese ras in die land en herdenk vanjaar 125 jaar in Namibië.

Die Brahmane se senior- en raskampioenbul is deur Mecki Schneider, eienaar van die Okabra-stoet geteel. Die senior- en raskampioenkoei kom uit die Groenewaldt-stoet van Ernst en Amanda Groenewaldt.

Kaspar Günzel het beide die Simmentaler se grootkampioene opgelewer, met die senior- en raskampioenbul én -koei wat uit die Günzel-stoet kom.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer