Brait kry slae op beurs
Niel Joubert
Die beleggingsmaatskappy Brait was gister weer een van die groot verloorders op die JSE nadat hy 'n handelsverklaring uitgereik het.
Die maatskappy, waarin die bekende Suid-Afrikaanse sakeman Christo Wiese die grootste belang hou, se aandeelprys was teen 14:00 Suid-Afrikaanse tyd sowat 6,8% laer op R59,49 per aandeel.
Volgens Brait se handelsverklaring was sy netto batewaarde per aandeel op 30 Junie R74,14 per aandeel. Dit is 5,1% laer vergeleke met die waarde op 31 Maart 2017.
Volgens die batebestuurder Vestact lyk dit of die “bloeding in die waarde van Brait se bates nog nie gestop het nie”.
Die maatskappy besit onder meer Virgin Active, die Suid-Afrikaanse voedselvervaardiger Premier, die Britse kleinhandelaar New Look en Iceland Foods.
Beleggingsmaatskappye soos Brait gee die groei in sy netto batewaarde (dit is die waarde van al sy beleggings, minus sy skuld) per aandeel as 'n maatstaf van wat die maatskappy se aandeelprys werd is.
Sy huidige aandeelprys is tans sowat 20% laer as die netto batewaarde.
Brait is een van die tien aandele wat sover vanjaar die swakste gevaar het op die JSE. Hy is reeds vir die jaar tot nou 27% laer en op 'n jaarlaagtepunt.
Brait se netto batewaarde per aandeel in die boekjaar tot einde Maart het skerp van R136,27 tot R78,15 gedaal. Dit is aan die herwaardasie van New Look toegeskryf. Die kleinhandelaar se waarde het skerp met R34,8 miljard tot R7 miljard oor dieselfde tydperk gedaal.
Brait se primêre notering is in Luxemburg en hy het 'n sekondêre notering op die JSE.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie