Brakwater: Munisipale rekeninge ís billik
Die munisipaliteit sê dit is regverdig dat Brakwater-inwoners dieselfde munisipale tariewe en -belasting as ander Windhoekers betaal.
Elvira Hattingh
Eienaars van eiendomme in Brakwater buite Windhoek het glo voor die verhoging in munisipale tariewe en -belasting verlede jaar tot 'n duisend keer minder as diegene in Hakahana in die hoofstad betaal.
Die Windhoekse munisipaliteit sê daarom was dit - ter wille van billikheid en regverdigheid - nodig om munisipale tariewe en -belasting vir Brakwater te verhoog.
Die Windhoek-munisipaliteit se woordvoerder, me. Lydia Amutenya, het gereageer op klagtes dat munisipale tariewe en -belasting vir Brakwater met tussen 3 000% en 5 000% verhoog het.
“Brakwater-eienaars het vir jare lank baie lae munisipale tariewe en -belasting betaal in vergelyking met die res van Windhoek se inwoners.
“Hulle het maandeliks N$0,000106 per N$1 van hul grond se waarde en N$0,000057 per N$1 vir verbeteringe betaal.
“Daarteenoor het die res van Windhoek, insluitende diegene in uitgebreide grense, sowat 0,0012600 en 0,0006490 per N$1 van onderskeidelik hul grond se waarde en verbeteringe betaal.
“Dit kom neer op 'n verskil van 1 000%. Dit beteken iemand wat eiendom in Hakahana besit, betaal aansienlik meer as dié in Brakwater,” het Amutenya verduidelik.
“In geldterme het dit beteken 'n eienaar van 225 m²-grond in Katutura betaal N$37,72 per maand, terwyl 'n eienaar van 50 000m²-grond in Brakwater net N$31,80 betaal.
“Dit is duidelik nie billik nie,” het Amutenya gesê.
Oor die skielike heffing op afvalbestuur vir Brakwater, sê Amutenya die Brakwater-gemeenskap het voorheen geen bydrae gemaak om die stad skoon te hou nie.
“Ons moenie tariewe en belasting met ander dienste verwar nie. Hierdie is belasting wat nie tot 'n sekere diens verbind word nie, soos byvoorbeeld inkomstebelasting, wat die meeste van ons betaal.
“Betaling vir vullis, riool, water en elektrisiteit word geëis van diegene wat toegang daartoe het en van die dienste gebruik maak,” het sy gesê.
HOËR WAARDES
Amutenya stem nie saam dat die verhoogde tariewe en -belasting wat sedert Augustus 2018 van Brakwater-inwoners geëis word, op 'n verhoging van 3 000% tot 5 000% neerkom nie.
Sy sê daar moet ook in ag geneem word dat 'n nuwe waardasierol vir Brakwater ter sprake is. “Dit beteken sommige eiendomme het 'n groot sprong in terme van hul waarde gemaak. Dié verhoogde waarde is markgedrewe en berus ook op verbeteringe op eiendomme.”
Amutenya sê die besluit op verhoogde tariewe het die stadsraad se goedkeuring gedra. Sy het na die stadsraad se resolusie CR196/07/2018 verwys, wat ná die uitbreiding van die stadsgrense gemaak is. “Die titelaktes van die uitgebreide grense is eers in 2017 aan die Windhoek-munisipaliteit oorhandig,” het Amutenya gesê.
Sy ontken dat munisipale tariewe en -belasting van Brakwater geëis word terwyl diegene op byvoorbeeld Kapps Farm, Aris en Daan Viljoen dit vryspring.
“Dié gebiede is eers onlangs binne Windhoek se grense ingesluit, terwyl Brakwater al langer deel van Windhoek vorm.
“Ons werk aan 'n projek om seker te maak dat alle eienaars van eiendomme, insluitende plaaseienaars, dienooreenkomstig munisipale tariewe en -belasting betaal,” het Amutenya gesê.
Sy ontken ook dat Brakwater 'n totale gebrek aan munisipale dienste het.
“Verskeie dienste word aan die Brakwater-gemeenskap gelewer, wat insluit misdaadvoorkoming en nooddienste.
“Afvalbestuurdienste word ook gebied wanneer vullis van Brakwater se vullisstasie na die Kupferberg-stortingsterrein geneem word.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie