Brand eis lewe in Agtste Laan
Mnr. Uaumba Kavena (25) het Saterdag gesterf nadat ‘n brand omstreeks 05:00 in sy sinkhuis in Agtste Laan in Windhoek ontstaan het. Kavena wou vermoedelik iets op sy gasstoof kook, maar het moontlik aan die slaap geraak. Die brand het veroorsaak dat die stoof gasbottel ontplof het. Bure het probeer help, maar die huis was volgens mnr. George Kavari (foto), lid van die Khomasdal-kiesafdeling se ontwikkelingskomitee, gesluit. Foto Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie