Brand in Kalifornië: Dodetal al 81
Die brand, wat as Camp Fire bekend staan, het 152 000 hektaar land vernietig.
Die dodetal van die ergste brand nóg in Kalifornië het Dinsdag op 81 gestaan terwyl soek-en-reddingspanne hul soektog na vermistes voortgesit het.
Volgens The Los Angeles Times het die wegholbrand, wat op 8 November in die aftreedorp Paradise ontstaan het, meer as 12 000 strukture vernietig.
Dit word as een van die dodelikste wegholbrande in Amerika sedert die begin van die laaste eeu beskou.
Gure weersomstandighede kan die soekgeselskappe se pogings om oorlewendes en om die oorskotte van mense onder die puin te vind in die wiele ry.
SNUFFELHONDE
Volgens Joe Moses, kommandeur by die Monterey County Sheriff-kantoor, sal die nat weer ook sake vir die snuffelhonde bemoeilik om lyke te vind.
“Die reën meng met die as en dit word ’n plaksel wat aan alles vasklou en die pas net stadiger maak,” het Moses gesê.
Volgens The Sun Daily het die dodetal tot 81 gestyg nadat twee oorskotte Dinsdag gevind is. Die mense wat nog vermis word staan op 870.
Die brand, wat as Camp Fire bekend staan, het 152 000 hektaar land vernietig. Volgens die owerhede was die brand teen Dinsdag sowat 75% onder beheer. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie