Brand in Kalifornië nog lank nie geblus
Die oorskot van 76 mense is tot dusver gevind en 63 is voorlopig geïdentifiseer hangende DNS-toetse.
Die dodelike Camp Fire wat reeds vir tien dae in Kalifornië woed gaan eers teen die einde van die maand heeltemal geblus wees.
"Dis nog nie eers halfpad klaar gebrand nie," het brandbestrydingsowerhede Sondag gesê, berig CNN.
Die brand het op 8 November in die aftreedorp, Paradise, ontstaan, en was teen vroeg Sondag sowat 60% onder beheer, wat meer is as die 55% Saterdag.
Reën word vir die week voorspel in dié gebied, wat moontlik kan help om die vlamme te blus. Dit verhoog egter die kanse op vloede en modderstortings wat die lewe van die 46 000 mense wat verwyder is nog moeiliker maak.
Pres. Donald Trump het die naweek verskeie gebiede, ook in die suide van die deelstaat, wat deur brande beskadig is, besoek.
Die soektog deur die puin na die 1 276 mense wat nou as vermis aangemeld is duur intussen voort.
Die oorskot van 76 mense is tot dusver gevind en 63 is voorlopig geïdentifiseer hangende DNS-toetse.
Baie vlugtelinge van die brand woon tydelik by vriende of familie terwyl ander tente opgeslaan het of selfs in hul voertuie slaap.
VORIGE DODETAL
Die dodetal oorskry verreweg die vorige rekord van ’n enkele wegholbrand in Kalifornië. Die vorige dodetal was 29 in die Griffith Park-brand van 1933 in Los Angeles. Camp Fire is een van die dodelikste wegholbrande in Amerika sedert die begin van die laaste eeu.
In Paradise het die vlamme só vinnig beweeg dat sommige slagoffers in hul motors dood is tydens ’n chaotiese ontruiming. Die twee hoofroetes uit die dorp uit was vol motors wat ’n verkeersopeenhoping veroorsaak het.
Volgens die plaaslike polisie is die lys van vermiste mense opgestel met behulp van inligting wat bekom is deur ’n spesiale hulplyn, e-posse en noodoproepe wat tydens die eerste ure van die brand ontvang is.
Owerhede sê sommige van die mense op die lys het waarskynlik oorleef maar is nog nie geïdentifiseer deur familie of amptenare nie, óf omdat die telefoondiens nie werk nie óf omdat hulle nie bewus daarvan is dat iemand na hulle soek nie.
In Paradise, die tuiste van sowat 27 000 mense voordat Camp Fire toegeslaan het, het twee forensiese antropoloë van die Universiteit van Nevada brandbestryders help soek na senior burgers by ’n mobiele-tuiste-park.
Brandbestryders het metaal van ’n ineengestorte dak verwyder sodat die antropoloë gebrande bene kon optel en dit in papiersakkies sorteer.
Roger Fielding, die hoof-lykskouer van die plaaslike polisie, sê elke toneel word soos ’n misdaadtoneel behandel. Elke stap word met foto’s gedokumenteer.
“Ons werk is om enige artikels op te tel wat dalk mag wys wie die persoon kan wees,” sê hy.
Luidens die laaste telling Sondag het Camp Fire meer as 12 700 huise en ander strukture vernietig. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie