Brand skud bekende eetplek op Swakop
Brand skud bekende eetplek op Swakop

Brand skud bekende eetplek op Swakop

Ronelle Rademeyer
Christo Retief

’n Brand by een van Swakop­mund­ se gewildste eetplekke­ in die sentrale sakegebied­ het geringe skade en ietwat van ontwrigting veroorsaa­k. Dit is egter vinnig geblus deur ’n doeltreffende brandvoorkomingstelse­l in die gebou-kompleks.
Verskeie gasbottels word in ’n deel van die pakkamer geberg en hoewel die brandweer vinnig op die toneel ontplooi is, was daar geen onmiddellike gevaar van ’n gasontploffing nie.
Die brand het Sondagaand omstreek­s nege-uur in ’n pakkamer­ van die Stadtmitte-­gebou­ in Woermannstraat ontstaan­.
Die Desert Creek Spur van Swakopmund­ gebruik hoofsaaklik­ hierdie deel van die gebou vir die aflewering en ontvang­s van bestellings.­
Wat die brand veroorsaak het, is nog nie bekend nie, maar die outomatiese sprinkelstelsel­ van die gebou het onmiddellik­ afgegaan­ en die brand geblus. Die houtdeur van die gebou is beskadig­.
“Dit het baie erg gelyk weens al die rook wat ontstaan het, maar die skade is gering,” het me. Nicolene­ Maree van die eetplek gesê.
“Ons is net dankbaar dat niemand seergekry het nie.”
Volgens Maree gaan hierdie doeltreffende­ stelsel nou verder uitgebrei word, terwyl alle personeel­ van die restaurant­ as ’n voorsorgmaatreël­ ook opleiding­ in brandvoor­koming­­ en brandbestryding­ gaan ontvang.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!