Brande in Wes-Kaap woed steeds
Brande in Wes-Kaap woed steeds

Brande in Wes-Kaap woed steeds

Estelle de Bruyn
Tientalle plaaswerkers in die omgewing van Du Toitskloof, buite die Paarl, het Dinsdagoggend as ’n voorsorgmaatrëël hul huise ontruim nadat ’n veldbrand daar uitgebreek het.

Dít ondanks die feit dat daar nog geen amptelike ontruimingsversoek uitgereik is nie.

Volgens PaarlPost het twee plase sedert die aanvang van die brand strukturele skade opgedoen en talle wingerde is verbrand. ’n Huis op ’n wynplaas het ook afgebrand.

Die brand het Dinsdag om 11:00 in die rigting van Wellington beweeg. Volgens Dale Nortjé, woordvoerder van die voorval-bestuurspan, woed die brand voort. Dit is verder aangevuur deur sterk windtoestande.

“Eiendomme soos wynplase op die buitewyke van die Paarl is in gedrang, maar tans is huise in die Paarl-dorpsgebied nog veilig,” sê Nortjé.

Meer as 200 brandbestryders en 16 brandweervoertuie word gebruik om die brand te probeer blus.

Luidens ’n verklaring deur Anton Bredell, minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, word die Suid-Afrikaanse lugmag ook ingespan.

“Die lugmag het helikopters wat meer water kan vervoer as die noodhelikopters wat ons gewoonlik gebruik,” sê Bredell in die verklaring.

Volgens Nortjé kon die “gewone” noodhelikopters nie in die sterk windtoestande opstyg nie, maar die lugmag se helikopters, wat wel in dié toestande kan vlieg, het omstreeks 11:00 begin om die brand te bestry.

“Ons wag nou dat die wind bedaar sodat die noodhelikopters kan opstyg en help om die brand te stuit,” sê Nortjé.

Die ou Du Toitskloofpas was Dinsdag om 12:00 steeds gesluit omdat grondspanne in die gebied die brand probeer blus, maar die Hugenotetonnel, op die N1-snelweg, was steeds oop vir verkeer.

Volgens Nortjé het iemand die brand gestig “omdat die vuur hoog teen die berg begin opvlam het”. Dit is nie dieselfde brand wat verlede week op die Du Toitskloofpas gewoed het nie. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!