Brande knou veral landbou, toerisme in Australiu00eb
Brande knou veral landbou, toerisme in Australiu00eb

Brande knou veral landbou, toerisme in Australië

Swart Saterdag het die ekonomie glo nagenoeg R44 miljard gekos.
Saamgestel deur Hanlie Stadler – Die verwoestende veldbrande in Australië gaan dié land se ekonomie honderde miljarde dollars kos, volgens voorlopige berekeninge.

Dis veral die landbou en ekonomie wat deurloop, maar winkels in die ekonomiese hartland, Sydney, loop ook deur soos mense eerder tuis bly as om in die rook uit te gaan.

Die brande, wat sedert middel Desember in die state New South Wales en Victoria woed en reeds minstens 23 lewens geëis het, word as die ergste brandseisoen nóg in die land beskou en kan die ekonomiese koste van die Swart Saterdag-brande van 9 Februarie 2009 en daarna troef.

Swart Saterdag het die ekonomie eindelik A$4,4 miljard (nagenoeg R44 miljard) gekos, volgens Wikipedia.

Hoewel meer mense – 173 – in 2009 se brande dood is, is die verwoesting van grondgebied nou meer as tien keer groter, en daar is nog geen teken dat brandbestryders die vlammehel oorwin nie.

Vrese bestaan ook dat die verwoesting van vakansie-oorde aan Australië se oos- en suidkus, insluitend dorpe aan die Gold Coast, langtermynskade aan die toerismebedryf sal veroorsaak, berig The Guardian.

In Sydney self kos die rook tussen A$12 miljoen en A$50 miljoen per dag aan verlore produksie, mediese en vervoerprobleme en in die algemeen laer besteding omdat mense eerder binnenshuis bly.

Bloomberg berig dat meer as 5 miljoen hektaar (50 000 km²) grondgebied reeds vernietig is. Dis groter as die land Denemarke. Op Swart Vrydag is nagenoeg 4 500 km² volgens Wikipedia vernietig en in die 2018-brande in Kalifornië sowat 6 900 km².

Minstens 1 365 huise het reeds net in New South Wales afgebrand, berig Bloomberg.

Die Insurance Council of Australia sê 5 259 eise ter waarde van A$321 miljoen is reeds ingedien. Dit kan egter nog aansienlik styg.

Die ekonoom Saul Eslake het aan die BBC gesê die impak van brande en ander natuurrampe word nie altyd in ekonomiese statistieke weerspieël nie. Grond of geboue wat afgebrand het, word byvoorbeeld nie in die bruto binnelandse produk (BBP) gemeet nie, maar die waarde van bouwerk om huise te herbou wél – dit het dus ’n positiewe impak op groeisyfers.

Veevrektes en traer besteding word egter wel as ’n verlies aan produksie aangeteken.

Eslake raam dat die impak van die brande op die hele ekonomie betreklik klein sal wees. ’n Voortslepende droogte het byvoorbeeld ’n impak van net 0,2% op die BBP gehad.

Terry Rawnsley, ’n ekonoom by die konsultantefirma SGS Economics and Planning, het aan The Sydney Morning Herald gesê Sydney skep gewoonweg nagenoeg A$1,2 miljard se produksie per dag. Sy raming dat die brande tussen A$12 miljoen en A$50 miljoen per dag kos, verteenwoordig dus tot 0,04% van die stad se ekonomie.

Bronne: Bloomberg, BBC, TheGuardian, The Sydney Morning Herald, Wikipedia/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!