Brande verwoes huise, botsing eis lewe
Des Erasmus
’n Eensame klipgooier van Swakopmund kan lelik aan die pen ry nadat twee plakkershuisies die naweek in die woonbuurte Mondesa en die DRC afgebrand het.
Alles is deur die vlamme verwoes, maar bewoners kon betyds voor die vlamme vlug.
Teen skemeraand Saterdag is die brand in Mondesa aangemeld en twee brandweervoertuie was gou op die toneel met die vuur wat teen 18:30 onder beheer was.
Soos gewoonlik was daar ’n samedromming van mense met een van die toeskouers wat een van die brandweerwaens onder klippe gesteek het.
Die klipgooier se identiteit is bekend.
Die bewoners van die plakkershuisie was ongedeerd, maar al hul aardse goed is deur die vlamme verteer.
Saterdagoggend het nog ’n plakkershuisie in die plakkerbuurt bekend as die DRC afgebrand en alles verswelg wat binne was.
Die naam van die man van die plakkershuisie is bekend, maar volgens omstanders het hy weggehardloop toe hy deur die vuur uit sy blyplek gedwing is.
Die naweek het een padslagoffer op Erongo se paaie geëis. ’n Man van 25 jaar is dood in ’n botsing tussen ’n vragmotor en ’n sedanvoertuig sowat 50 km wes van Usakos op pad na Arandis. Die identiteit van die oorledene is nog nie bekend nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie