Brandewyn het al weer nie brieke
Brandewyn het al weer nie brieke

Brandewyn het al weer nie brieke

Brandewynverkope herleef nadat ingevoerde whiskies die afgelope jare duurder geword het.
Nellie Brand-Jonker - Die drankreus Distell het 'n verklaring uitgereik oor die herlewing van brandewyn – die marknavorser Nielsen het gevind die volumes wat verkoop is, het met 4,7% in die jaar tot einde Junie gestyg. Dit sluit konjak en verkope by drank­winkels in.

Die styging is waarskynlik grootliks omdat Distell die grootste brandewynmaker is.

Die hoeveelheid brandewyn wat Distell verkoop het, het oor die jaar tot einde Junie met 5% gestyg.

In dié boekjaar het sy verkope van Van Ryn's met 22% gestyg en Viceroy se vyfjaar het met 70% gestyg.

Ondanks die goeie potketelbrandewyn wat in Suid-Afrika gemaak word, het plaaslike verbruikers die afgelope dekade al meer hul glase met whisky gevul.

In 2006 het whisky vir brandewyn as die gunsteling in die spiritualieë­mark verbygesteek, sê Elias Holtzkampf, 'n navorser vir die wynbedryf se inligtingsorganisasie.

“Dit het tussen 2014 en 2015 begin verander toe die hoeveelheid whisky wat verkoop is begin daal het en die verkope van brandewyn begin stabiliseer het,” sê sy.

Nick Holdcroft, Distell se ambassadeur van spiritualieë, sê die kleinhandelpryse van gewilde spiritualieë insluitend bekende whiskies het al duurder geword weens die rand se verswakking teen oorsese geld­eenhede.



Waarde vir geld

Hy sê brandewyn bied waarde vir geld vergeleke met die duurder ingevoerde drank, maar hy sê ook daar is 'n toenemende waardering vir die goeie gehalte van die plaaslike brandewyn.

Suid-Afrika se goeie potketelbrandewyne word as net so goed soos die beste konjaks van Frankryk beskryf.

Die eerste brandewyn is in 1672 in die land geproduseer.

Suid-Afrikaanse brandewyne wen gereeld elke jaar gesogte pryse by ­internasionale kompetisies.

Die omkeer in brandewynverkope is goeie nuus vir die Wes-Kaapse landbousektor.

Vyf liter wyn is nodig om een liter brandewyn te maak.

In 2016 is 1 098 miljoen liter wyn vervaardig waarvan 384 miljoen liter vir brandewynproduksie gebruik is.

“'n Groeiende brandewynmark is belangrik vir baie wynboere wat daarop staatmaak vir volhoubaarheid en kontantvloei,” sê hy.

Volgens Holdcroft neem brandewynverkope toe in wat beskryf word as nuwer markte vir die drank: vroue en verbruikers in swart woongebiede in stede.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!