Brandnavorsing kan informele nedersettings veiliger maak
Die wêreld se grootste proefneming het getoon hoe vinnig brande tussen plakkershutte versprei.
Ronelle Rademeyer - Twintig plakkershutte word binne vyf minute vernietig. Dit is hoe vinnig brande in informele nedersettings kan versprei.
Dit is een van die belangrikste resultate van die wêreld se grootste brandproefneming in ’n informele nedersetting wat uit 20 huise bestaan het.
Die proefneming is deur die Universiteit Stellenbosch se Eenheid vir Brand-ingenieurswesenavorsing (FireSUN) onderneem in samewerking met die Wes-Kaapse Rampbestuur, Brand- en Reddingsdienste en die Breedevallei-munisipaliteit (BVM) se Brandweerafdeling, wat die proefneming aangebied en baie gehelp het met die algehele navorsingspogings. Die werk maak deel uit van ’n projek wat in samewerking met die Universiteit van Edinburgh aangepak is om te sien hoe die uitwerking van sulke brande verminder kan word en is deur die Global Challenges-navorsingsfonds gefinansier.
Die resultate van die proefneming het onlangs in Fire Technology, een van die voorste akademiese vaktydskrifte oor brandveiligheid, verskyn.
“Die brandweer word dikwels daarvan beskuldig dat hulle nie gou genoeg optree nie, maar ons proefneming het getoon dat ’n brand regtig baie vinnig kan versprei. Brandbestryders het dit nog altyd geweet, maar nou het ons beter eksperimentele data om die probleem te verstaan en om intervensies te ontleed,” sê prof. Richard Walls van FireSUN wat die projek oorhoofs bestuur het.
“Ons het in ons proefneming gesien dat sekere intervensies wat tans gebruik word, ondoeltreffend sou wees om die spoed van hierdie brand te verminder. Brandwerende verf sou byvoorbeeld bitter min gehelp het weens die intensiteit van die vlamme en die feit dat die brand huise laat vlamvat het deur enige klein openinkies in hierdie strukture, wat enige deklaag se beskerming sou teenwerk. Deure en vensters sal dit ook altyd maklik maak vir ’n brand om huise in ’n digbevolkte nedersetting binne te dring.”
Die proefneming is deur Walls se kollega, dr. Nico de Koker, ontwerp. Hy het ook die resultate ontleed.
De Koker sê die proefneming is ontwerp om ’n “brandlyn” na te boots wat in ’n digte nedersetting gevind sal word wanneer ’n brand daardeur versprei. “Ons het grootskaalse instrumentasie, termiese beeldvormingskameras, ’n hommeltuig en ander toerusting in die proefneming gebruik om data oor vlamlengtes, temperature wat ondervind is, verspreidingskoerse en details oor wanneer huise aan die brand geslaan het, te verskaf.”
Volgens Walls het dit sowat vyf minute geduur vandat die eerste huise aan die brandgesteek is totdat die laaste huise vlamgevat het.
“Ná sowat 16 minute was daar in die proefneming omtrent geen huise meer oor nie – al wat oorgebly het, was ’n hoop skrootmetaal op die grond. Temperature van tot omtrent 1 200 °C is gemeet en meters-hoë vlamme het by die huise uitgepeul.”
Walls sê die span is besig om uit hierdie, asook talle ander navorsingsproefnemings, ’n goeie begrip van brandverspreiding in informele nedersettings te vorm.
“Hoewel daar geen maklike oplossing vir die probleem is nie, toon die data ten minste dadelik watter tipe intervensies minder doeltreffend gaan wees. Rekenaarmodelle is ontwikkel om brandverspreiding deur nedersettings na te boots en kan binnekort nuttige besluitnemingsinstrumente vir risiko-ontleding in nedersettings word en potensieel vir die ontwikkeling van brandveiligheidstrategieë.”
Walls voeg by hierdie proefneming het onder meer ook gehelp om lig te werp op die prestasie van produkte (byvoorbeeld brandverklikkers, brandwerende verwe, brandblussers en waarskuwingstelsels vir munisipaliteite) wat gebruik word om ’n brand in informele nedersettings te blus; hoe vinnig hierdie brande versprei; en hoe om hulle so doeltreffend as moontlik te onderdruk en hoe gemeenskappe kan help.
Hy sê ’n finale reeks proefnemings wat ná hierdie grootskaalse toets gedoen is, word tans ontleed om verdere insig oor ’n aantal aspekte te verkry. ’n Reeks toetse is ook gedoen om die doeltreffendheid van gemeenskapsgebaseerde onderdrukkingstelsels te verstaan. - [email protected]
KASSIE
Die situasie in Namibië
Verstedeliking, en die behuisingsuitdagings wat dit skep, is een van die groot beplannings- en ontwikkelingskwessies in Namibië.
In 2017 was daar 140 000 plakkershutte in informele dorps- en stedelike gebiede in die land – tien keer meer as kort ná onafhanklikwording in 1991.
Dit blyk uit ’n navorsingsverslag “Informal settlements in Namibia: Their nature and growth” wat in 2017 vrygestel is. Die studie is deur die Namibiese Kamer vir die Omgewing (NCE) en die Duitse Vereniging vir Internasionale Samewerking (GIZ) onderneem.
Die navorsers het met die sensusopnames van 1991, 2001 en 2011 as agtergrond, toekomsprojeksies gedoen wat toon die getal stedelike sinkhuise sal in 2025 meer wees as die getal huise wat met stene en sement gebou is.
Teen 2023 sal meer mense in plakkershutte in dorpe en stede woon, as wat in landelike gebiede woon.
Sinkhuisbrande in informele nedersettings is byna daagliks in die nuus.
In Julie het sowat 150 plakkershutte in Twaloloka in Kuisebmond by Walvisbaai afgebrand. ’n Eenjarige babaseun is dood en meer as 1 000 mense is dakloos gelaat.
Navorsing wat in 2015 in Namibië gedoen is, toon van Julie 2014 tot Maart 2015 het daar gemiddeld 2,35 plakkershutte per week in Katutura afgebrand. In 40% van gevalle is die brande deur kerse veroorsaak.
Die studie “Lighting the Way to Fire Safety: Reducing Fire Risk in Namibia's Informal Sector Housing”, waaruit hierdie statistiek kom, is deur studente aan die Worcester Politegniese Instituut in Engeland onderneem.
Voorstelle word in die verslag gemaak vir die gebruik van veiliger ligbronne soos batterye, sonpanele en gaslampe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie