Brandstof: Su00f3 staan sake vir Oktober in SA
Brandstof: Su00f3 staan sake vir Oktober in SA

Brandstof: Só staan sake vir Oktober in SA

’n Hoër olieprys en swakker rand het daartoe gelei dat die onderverhaling vir 95-oktaan-petrol tans 18c per liter is.
Elvira Wood – Suid-Afrikaners gaan na alle waarskynlikheid in Oktober meer vir brandstof betaal.

’n Hoër olieprys en swakker rand het daartoe gelei dat die onderverhaling vir 95-oktaan-petrol (afgerond) tans 18c per liter is.

Dit is luidens die jongste syfers wat deur die Sentrale Energiefonds uitgereik is.

Die onderverhaling is met hoeveel pryse sou moes styg indien dit vandag vasgestel sou word.

Op Maandag 16 September was daar nog ’n oorverhaling van 11c per liter op 95-oktaan-petrol. Petrol sou dus goedkoper geword het.

Die oorverhaling op 93-oktaan-petrol (afgerond) het ook reeds op Maandag 16 September van 25c tot 4c gedaal.

Vir diesel lyk die prentjie al hoe slegter. Net meer as ’n week gelede was daar ’n onderverhaling van tussen 8c en 10c op die groothandelprys per liter. Dit het nou reeds tot 24c gestyg.

Die grootste rede vir die hoër olieprys bly steeds die aanval op 14 September op die Abqaiq-raffinadery in Saoedi-Arabië wat aan die staatsbeheerde Saudi Aramco behoort.

Die prys van Brent-ruolie het kort ná die aanval die hoogte ingeskiet en in ’n stadium teen meer as $69 per vat verhandel.

Die prys het sedertdien weer tot $62,37 per vat gedaal.

Die huidige olieprys is egter steeds hoër as die prys van onder $60 per vat waarteen dit voor die aanval verhandel het.

Wat die rand betref, het die geldeenheid van R14,62 tien dae gelede tot R14,98 teenoor die dollar teruggesak.

Die rand het veral op Woensdag 25 September wesenlik verswak nadat dit bekend geword het dat ’n amptelike ondersoek na pres. Donald Trump gaan begin om vas te stel of hy in ’n staat van beskuldiging geplaas moet word. Dit het beleggers Woensdag na veilige hawens laat vlug en druk op geldeenhede soos die rand geplaas.

Die nuwe brandstofprys sal vanaf 2 Oktober gehef word. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!