Brandstofprys klim wéér
Ronelle Rademeyer
Die verbruiker word vir die tweede keer vanjaar met 'n prysverhoging op brandstof gelooi en betaal van vandag af altesaam 52c per liter méér vir petrol as in Desember verlede jaar.
Diesel kos die verbruiker ná die twee prysverhogings nou 55c per liter meer as aan die einde van 2016.
Mnr. Obeth Kandjoze, minister van myne en energie, het gister aangekondig dat die pryse van petrol en diesel net ná twaalfuur laasnag met onderskeidelik 32c en 25c per liter sou styg.
Petrol sal dus van vandag af N$11 per liter op Walvisbaai kos, terwyl 500ppm diesel motoriste N$10,83 en 50ppm diesel N$10,88 per liter uit die sak sal jaag.
Kandjoze skryf dié verhoging opnuut aan die verwikkelinge in die Organisasie vir Petroleumuitvoerlande (Opec) toe.
Opec het sy produksie met 90% gesny en lande wat nie lid is van Opec nie, se produksie is met 60% gesny.
"Hoewel hulle byna die teiken bereik het, kon die reusevoorraad olie nie verminder word nie. Trouens, die voorraad het vanjaar reeds van 39 miljoen vate ruolie tot 518 miljoen vate gegroei," sê Kandjoze.
Hoewel die wisselkoers in die maand onder oorsig stabiel was, het die toename in die olievoorraad tot 'n groot onderverhaling op brandstofprodukte gelei, sê hy.
Verbruikers word die volle impak hiervan gespaar, sê Kandjoze.
Intussen het die kabinet ook goedkeuring verleen daaraan dat die heffing op die strategiese oliebergingsfasiliteit met 10c per liter tot 60c per liter verhoog word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie