Brave Warriors keer druipstert huis toe
'n Plek in die halfeindstryd het afrigter Bobby Samaria se manne gister dramaties ontglip.
Andrew Poolman – Nadat die Brave Warriors heel indrukwekkend en belowend presteer en met een voet in die uitklopfase gestaan het, het gister se nederlaag met 1-0 teen Mosambiek hulle dramaties hul plek in die halfeindronde van die 2021 Cosafabekerreeks gekos.
Die drie punte wat Senegal op dramatiese wyse met sy 2-1 wendoel in die doodsnikke teen Malawi ingepalm het, het hom boaan groep B laat eindig.
Namibië en Mosambiek het beide op sewe ligapunte geëindig.
Die Brave Warriors se doelverskil (+3) was steeds een beter as Mosambiek (+2), maar die feit dat Mosambiek die twee gelykop spanne se kragmeting gewen het, tel as 'n hoër kriteria vir onderskeid as die doelverskil.
In die winderige Isaac Wolfson-stadion in Port Elizabeth was die Namibiërs tot in die 80ste minuut nog op koers om minstens die doellose gelykopuitslag te behaal wat goed genoeg vir hul plek in die halfeindstryd sou wees.
Die plaasvervanger Melque Melito se treffer met skaars nege minute speeltyd oor het Namibië egter twee posisies laat val en uitgeskakel. Die voorspeler het in die doelgebied 'n lang dwarsskop van binne sy eie helfte ontvang, wat een keer gewip het voordat hy omgeswaai en hoog gespring het om met sy regtervoet 'n akkurate kanonskoot verby doelwagter Loydt Kazapua te stuur.
Die Namibiese afrigter, Bobby Samaria, het nie die media te woord gestaan nie, nadat hy kort ná die wendoel met 'n rooikaart uit die tegniese area gestuur is en die oorblywende minute vanuit die pawiljoen moes volg.
Die hulpafrigter Robert Nauseb het agterna uitgewys dat Namibië se tweede wedstryd in opeenvolgende dae dalk die spelers ingehaal het.
“Dis nie 'n verskoning nie, maar die manne het in hierdie wedstryd hul volle beste gegee.
“Ons het steeds kwalifiserende Wêreldbeker-wedstryde om na uit te sien. Ons sal terugkeer en hergroepeer, die span evalueer en kyk waar ons kan verbeter,” het Nauseb gesê.
Ná 'n wedstryd waarin die skeidsregter sewe geelkaarte gewys het (insluitend drie aan Namibië se Ananias Gebhardt, Elmo Kambindu en Dynamo Fredericks) was Nauseb nie beïndruk met die blaser se vertoning nie. Hy reken die skeidsregter was bevooroordeeld teen Namibië en het nie sy gesag op die wedstryd afgedwing nie.
Nauseb sê die span was goed voorbereid op die toernooi en die tegniese span is tevrede met wat hulle gesien het.
Die Brave Warriors het van hul vier wedstryde in groep B twee gewen (met 2-1 teen Senegal en 2-0 teen Zimbabwe), met 1-1 teen Malawi gelykop gespeel en toe gister met een doel teen nul teen Mosambiek verloor.
In groep A het Eswatini tot die halfeindronde deurgedring, tesame met die gasheerland Suid-Afrika wat reeds deur was. Vir Eswatini was sy 1-1 gelykopuitslag teen Botswana genoeg om die knoop deur te haak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie