Brawn wil weer die 'resies' in F1 sit
Brawn wil weer die 'resies' in F1 sit

Brawn wil weer die 'resies' in F1 sit

Motorsport
Tielman van Lill
Ross Brawn wil in beheer staan van 'n meer mededingende Formule Een-seisoen wanneer hy na die sport terugkeer, berig formula1.com.

Brawn, wat Michael Schumacher se briljante loopbaan by Benetton begin het en 'n sleutelrol in die Duitse renjaer se vyf F1-titels by Ferrari gespeel het, is deur die sport se nuwe voorsitter, Chase Carey, as tegniese hoof aangestel nadat hy die laaste drie jaar nie by Grand Prix betrokke was nie.

Die kleurvolle Brit Bernie Ecclestone (86), wat 40 jaar lank as F1 se kommersiële grootbaas diens gedoen het, is Maandag deur die sport se nuwe eienaar, Liberty Media, met Carey vervang.

Liberty het Maandag sy koop van F1 afgehandel in 'n ooreenkoms wat glo sowat $8 miljard beloop.

Volgens Brawn het F1 nie met die werklikheid tred gehou nie. Hy glo die sport is te ingewikkeld en het 'n gebrek aan die aksie waarna aanhangers smag.

“Ek dink eenvoud is die sleutel vir die toekoms,” het Brawn, wat Mercedes in 2013 verlaat het, Dinsdag gesê.

“Ek het F1 die laaste paar jaar as 'n toeskouer gevolg en daar was tye wat ek nie hond haaraf kon maak wat in 'n wedren aangaan nie.

“Dit is 'n wonderlike sport, 'n fantastiese kombinasie van renjaers en hul persoonlikheid, hul mededinging, en dan die motors en al daardie dinge. Ons moet net daarna kyk en vasstel hoe ons die skouspel kan verbeter.”

'n Teer punt vir F1-aanhangers is hoe die res van die deelnemers die oorheersende Mercedes-span kan stuit.

“Ek dink die toeskouers wil mededingende wedrenne sien en ons het die afgelope ruk nie veel daarvan gehad nie,” sê Brawn.

“Ons het die laaste paar jaar goeie mededinging tussen twee renjaers van dieselfde span gesien en dit is nie Mercedes se skuld nie, want hulle het uitstekende werk gedoen.

“Daar is verskillende tipe aanhangers en dit is waar dit ingewikkeld raak. Daar is diegene wat die Grand Prix bywoon, diegene wat dit op TV dophou en dié wat dit deur ander vorme van media volg. Ons moet 'n balans tussen al daardie behoeftes vind.”

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!