Breë glimlag vir beter mondhigiëne
Gesondheid
Tanja Bause – Mnr. Marc van Niekerk, ’n Namibiër, en me. Tiia Rantanen van Finland het Project Smile in Namibië van stapel gestuur om mense en veral kinders oor die belangrikheid van mondhigiëne op te voed.
Van Niekerk het aan die Universiteit van Turku in Finland onderwyswetenskap gestudeer.
“Die universiteit van Turku en die Universiteit van Namibië (Unam) werk al geruime tyd nou saam, onder meer ook die twee fakulteite van tandheelkunde. Ons het die tandheelkundige skool by Turku gaan besoek en een van my medestudente het opgemerk dat hy nog nooit by ’n tandarts was nie. Ek het toe begin wonder hoeveel ander Namibiërs was ook nog nooit by ’n tandarts nie?”
Van Niekerk het aan planne begin dink oor wat hy kan doen om dié probleem te takel en mense in Namibië oor die belangrikheid van tande borsel en mondhigiëne in te lig.
Volgens hom kan net opleiding die probleem help oplos.
Hy het kontak gemaak met Rantanen en saam het hulle twee plakkate ontwerp en met Project Smile vorendag gekom.
“Sy het die twee plakkate in Finland ontwerp – een wat die belangrikheid van mondhigiëne uitbeeld en een wat die mees effektiewe manier uitwys om tande te borsel.
“Dit het sewe maande geduur om die plakkate te ontwerp, want ons wou dit so Namibies as moontlik doen. Op die tweede plakkaat word agt Namibiese kultuurgroepe uitgebeeld. Ons het dit gedoen sodat elke kind wat na die plakkaat kyk hom- of haarself kan herken. Hulle behoort met die kinders op die plakkaat te kan identifiseer en moet kan sien die kind lyk soos ek en sy of hy borsel ook tande,” het Van Niekerk gesê.
Volgens hom het plaaslike besighede aan boord gekom en die drukkoste van die plakkate betaal en ook tandeborsels en tandepasta geskenk.
“Ons wou graag al die skole en weeshuise besoek, asook na die kankersaal vir kinders om met die opleiding te begin, maar Covid-19 het vir eers ’n stokkie voor die plan gesteek en ons sal moet wag tot ons weer mag beweeg.”
Die twee het intussen hul plakkate vir die kinders in die kankersaal van die Sentrale Hospitaal in Windhoek gaan wys en volgens Van Niekerk het die plakkate die gewenste uitwerking gehad.
“Die kinders was opgewonde om soos die kinders op die plakkate ook hul tande gereeld en behoorlik te borsel.”
Mense is welkom om die gratis opvoedkundige plakkate vanaf die webblad van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, óf dié van die Namibiese tandheelkundige vereniging af te laai en te gebruik.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie