Breek los
In 'n seldsame teenstelling is beide die slagoffer van 'n grumoord en haar vermeende moordenaar die afgelope naweek ter ruste gelê.
Ons mag nie terugdeins om die twee uiteenlopende sterftes – een aan die hand van 'n ander, dalk in 'n oomblik van dwelmwaansin, en die ander 'n selfdood – en die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het as deel van die groter probleem van geslagsgeweld in ons land aan te roer nie.
Op Outjo is die gewilde me. Lindie Prinsloo se nalatenskap gevier as 'n lewe van liefde, meelewing en omgee.
Op Swakopmund het me. Bridget Pitt, moeder van wyle Ivan Pitt, gesê die hele Namibië moet iets uit die tragedie leer. Inderdaad.
Die naweek is nie net op Outjo en Swakopmund nie, maar ook in Windhoek opnuut optogte teen geslagsgeweld gehou.
Ook verlede week is in die Nasionale Vergadering nuwe wetgewing aangekondig om geslagsgeweld en verkragting beter te bestry. Een voorstel behels 'n vereenvoudigde proses om 'n beskermingsbevel te bekom. Pitt se familie en vriende se mooi afskeidswoorde aan hom, bring 'n belangrike realiteit na vore. Geweldenaars is dikwels bekend en bemind. Wat doen ons om hul lewens op 'n ander pad te plaas?
Soos mnr. Cleophas Mutjavikua, goewerneur van die Erongostreek, gesê het: dié voortrollende vlaag van geweld en dood kan nie bloot as deel van ons “kultuur” afgemaak word nie.
In die strydkreet van die #BreakFree-beweging is dit ons elkeen se plig om alles in ons vermoë te doen om Namibië te help om uit hierdie bose sirkel los te breek.
So sê ander
12 November 2018
Die Burger, Beeld en Volksblad sê
Dis bykans onmoontlik om die uitrafeling van die internasionale politieke stelsel van ná 1945 te bekyk sonder om aan die Eerste Wêreldoorlog te dink.
Dié oorlog, waarvan die wêreld Sondag die einde 'n eeu gelede herdenk het, was die belangrikste rigtinggewende gebeurtenis van die 20ste eeu. Meer as 'n eeu later is dit steeds van groot belang om te besef hoe dié oorlog begin en geëindig het.
Ook vandag wil niémand regtig 'n wêreldwye oorlog hê nie. Maar 'n gevaarlike driehoek is aan die opbou tussen Amerika, Rusland en China wat vorentoe inderdaad op 'n Derde Wêreldoorlog kan uitloop as hul betrekkinge nie wyslik bestuur word nie.
Dit beweeg in die rigting van 'n kruitvat wat 'n plek soek om te ontplof. Die toenemend onstabiele moderne wêreld sal wys wees as hy weer nadink oor die gebeure van 'n eeu gelede.• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie