Brendan lei Saru se Bok-indaba
Brendan lei Saru se Bok-indaba

Brendan lei Saru se Bok-indaba

Rugby
Andrew Poolman
Die gerespekteerde afrigter en gewese Springbok-senter Brendan Venter sal saam met die sportsielkundige Pieter Kruger die afrigtersindaba fasiliteer wat volgende week in Kaapstad plaasvind.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het gistermiddag in ’n verklaring meer lig gewerp op dié byeenkoms, wat plaasvind te midde van groot kommer oor die stand van Springbokrugby.

Luidens die verklaring sal “langtermyn-ingrepe om die Springbokspan by te staan” onder meer ter sprake wees.

“Die indaba sal huidige tendense oor ’n wye reeks afdelings van die spel bespreek en riglyne probeer vaslê in SA rugby wat uitnemendheid teweeg sal bring en sorg dat SA ’n toprugbynasie bly.”

Die verklaring sê voorts die hoof-uitvoerende beamptes van die ses Superrugby-franchises, die Springbok-bestuur, gewese Bok-afrigters en -spelers, lede van Saru se hoëprestasie-afdeling, asook ’n verteenwoordiger van MyPlayers (die organisasie wat beroepspelers verteenwoordig) sal almal uitgenooi word om die tweedaagse byeenkoms by te woon.

Die indaba vind volgende Woensdag en Donderdag plaas. – Sportredaksie

Kommentaar

Republikein 2024-10-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 3 Real Valladolid European Championships Qualifying: Leeds United 2 vs 0 Sheffield United English Championship: Leeds United 2 vs 0 Sheffield United Katima Mulilo: 22° | 39° Rundu: 21° | 38° Eenhana: 19° | 37° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 33° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 16° | 33° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:12, High tide: 04:24, Low Tide: 22:40, High tide: 16:38 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:10, High tide: 04:22, Low Tide: 22:38, High tide: 16:36 Walvis Bay: 13° | 21° Wind speed: 43km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:10, High tide: 04:21, Low Tide: 22:38, High tide: 16:35 Rehoboth: 12° | 31° Mariental: 15° | 31° Keetmanshoop: 14° | 31° Aranos: 14° | 32° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 18° | 37° Mbabane: 13° | 27° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 15° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 14° | 16° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 25° | 30° Lusaka: 21° | 36° Harare: 17° | 32° #N/A #N/A