Brexit en die Boris-faktor
Brexit en die Boris-faktor

Brexit en die Boris-faktor

Ronelle Rademeyer
Die gewilde, maar dikwels ook omstrede nuwe Britse premier Boris Johnson se stoomroller-benadering tot Brexit, maak Namibiese uitvoerders met reg onrustig.

Beesprodusente in Namibië het deur Meatco ’n lang verbintenis met die Britse uitvoermark.

Meatco neem vanweë hierdie historiese bande reeds vir baie jare sy topprodusente op ’n kennismakingstoer na Brittanje.

Net so is Namibiese tafeldruiwe op die Kersrakke in Londen ’n belangrike bron van buitelandse valuta.

As Brittanje se uittog uit die Europese Unie op 31 Oktober sónder ’n ooreenkoms geskied, kan uitvoerdeure vir hierdie produsente toeklap.

Dit is nie ’n uitgemaakte saak dat Namibië en die ander Sacu-lande in die onderhandelingsgroep betyds die nuwe handelsooreenkoms met Brittanje sal onderteken nie.

Dit moet immers dieselfde handelsvoordele bied waaronder ons tans as deel van die Ekonomiese Vennootskapsooeenkoms (EPA) ons produkte na die EU uitvoer.

Die hoë heffings wat uitvoerders vanaf 1 November sal moet opdok as ’n ooreenkomslose Brexit plaasgevind, sal ons forseer om ’n ander heenkome vir ons produkte te vind.

Die gunstige pond-wisselkoers is in ’n tyd van hoë deurset weens die druk noodbemarking, nie te versmaai nie. As Meatco genoodsaak word om beesvleis na laer waarde uitvoermarkte te kanaliseer, kan die prys val.

Produsente bestee miljoene aan veevoer om hulle diere se kondisie te midde van die uitmergelende droogte te verbeter. Prysverlagings sal die spreekwoordelike laaste strooi wees wat die kameel se rug breek.

Die regering moet deur sy handelsminister toesien die Sacu-Britse-onderhandelaars voltrek die proses betyds.

The Washington Post, 24 July 2019

Three big takeaways from the bipartisan budget deal

President Trump and congressional leaders have struck a bipartisan deal on a two-year federal spending plan, and while all the details are not clear, three big takeaways are.

First, a deal beats no deal. Before the agreement, the government was on its way to running out of legal borrowing authority, and, therefore, cash, by September. The agreement avoids the debt default that might have resulted, by extending the federal debt limit through mid-2021.

The second, far less optimistic point is that compromise proved possible only on the basis of the lowest common denominator: Both parties get to spend more on pet priorities, without offsetting spending cuts or tax increases. To govern is to choose; both political parties basically chose not to. The deal could increase projected deficits by $1.7 trillion over the next decade.

Which brings us to the deal’s third implication: While postponing a budget reckoning, the deal also changes the terms under which the next battle will take place. When this agreement expires on Sept. 30, 2021, there will be no more budget caps. The 2011 law that created the sequestration threat will be a thing of the past, too. The winners in the 2020 election will be that much less inhibited to borrow and spend than they are now.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!