Brexit: EU gee Brittanje nu00f3g tyd
Brexit: EU gee Brittanje nu00f3g tyd

Brexit: EU gee Brittanje nóg tyd

Brittanje het nog tyd gekry om sy uittrede uit die Europese Unie (EU) af te handel.

Die EU-lidlande het Woensdagaand gestem om Brexit tot 31 Oktober uit te stel. Indien 'n ooreenkoms voor dié datum bereik word, verlaat Brittanje die EU op die eerste dag van die daaropvolgende maand.

Hulle het Theresa May, premier van Brittanje, Donderdag omstreeks 02:00 oor hul besluit in kennis gestel.

Op 31 Oktober moet Brittanje die EU met of sonder 'n ooreenkoms verlaat. Die voorwaarde wat gestel is, is dat Brittanje aan die Europese parlementsverkiesing op 23 Mei deelneem as hy op die datum nog deel is van die EU. Indien die verkiesing nie plaasvind nie, of May nie daarin slaag om Britse parlementslede te oorreed om 'n ooreenkoms te aanvaar nie, moet hulle die EU op 1 Junie verlaat.

Donald Tusk, president van die Europese Raad, se boodskap aan Brittanje op 'n nuuskonferensie ná afloop van die noodberaad waar daar oor die Brexit-uitstel gestem is, was: “Moet asseblief nie tyd mors nie.”

Brittanje moes die EU amptelik op 29 Maart 2019 verlaat het, maar die datum is toe uitgestel tot 12 April, omdat parlementslede May se Brexit herhaaldelik in die laerhuis van die parlement verwerp het.

May het in reaksie op 'n nuuskonferensie gesê Brittanje sál teen 22 Mei nie meer deel van die EU wees nie.

– Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!