Brexit: 'May oorweeg groter rol vir Boris'

Theresa May, die Britse eerste minister, kan Boris Johnson, die minister van buitelandse sake, moontlik in 'n kabinet­skommeling skuif na 'n pos waarin hy 'n groter rol in die Brexit-proses sal speel.

Johnson kan moontlik aangestel word as sakeminister in die plek van Greg Clark wat na 'n ander pos geskuif kan word, het Britse koerante Maandag berig.

Só 'n stap kan David Davis, die huidige Brexit-minister, se posisie marginaliseer, berig The Telegraph in London.

Die kabinetskommeling word volgende week verwag.

The Independent berig May het die laaste ruk self al hoe meer by die Brexit-onderhandelinge betrokke geraak en Davis reeds so eenkant toe geskuif.

Boonop is Olly Robbins, Davis se vorige stafhoof, onlangs aangestel as die hoof van die nuwe Europese eenheid wat regstreeks aan May verslag doen.

Die Britse koerante berig Johnson sal moontlik nie met 'n skuif na 'n ander portefeulje tevrede wees nie omdat hy gelukkig is in die pos as minister van buitelandse sake – al was die laaste paar maande vir hom baie moeilik.

Johnson het in 2016 'n sleutelrol gespeel in die veldtog om Brittanje aan die Europese Unie onttrek te kry.

Daar word bespiegel May oorweeg om verskeie veranderinge aan haar kabinet aan te bring ten einde haar regerende Konserwatiewe Party (Tories) in die Westminister-parlement – en haar eie posisie – te versterk.

The Independent skryf May se raadgewers in Downingstraat 10 stem nie almal saam met haar moontlike skuiwe nie.

Van hulle waarsku dit kan later in die Brexit-proses teen die eerste minister tel as sy nou Tory-voorbankers na die agterbanke sou skuif.

Dit kan haar posisie ook verswak as Johnson weier om 'n nuwe pos te aanvaar.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!