Brexit-ooreenkoms kom dalk al in November
Brittanje en die Europese Unie (EU) onderteken dalk so gou as November die ooreenkoms wat Brittanje sal toelaat om die EU te verlaat (Brexit).
Volgens ingeligte bronne met wie die nuusagentskap Bloomberg gepraat het, beplan Brittanje en die EU ’n spesiale beraad in November, waarop die leiers van albei die partye formeel tot die ooreenkomste van hul “egskeiding” sal instem.
Theresa May, Britse premier, sou na verwagting later gister die Britse parlement oor die kwessie toespreek.
May sukkel ondanks ’n positiewer atmosfeer rondom die samesprekings met die EU die afgelope paar weke, steeds om haar eie party en ’n verdeelde Brittanje van haar Brexit-plan te oortuig.
Kritici wat hul mes in het vir May het Dinsdag ure daaraan bestee om met ’n plan vorendag te kom oor hoe om haar kop te laat rol.
Hulle meen haar plan verteenwoordig nie ’n skoon genoeg uittog uit die EU nie
OPENLIKE BESPREKING OOR MAY
Ingeligtes sê nagenoeg 50 mense het die vergadering bygewoon, waar hulle openlik bespreek het hoe hulle van May ontslae gaan raak.
Michel Barnier, die EU se hoofonderhandelaar oor Brexit, sê die verwagting dat ’n ooreenkoms binne die volgende twee maande bereik kan word, is “realisties”.
The Guardian berig die pond se waarde het verhoog nadat Barnier Bled in Slowenië Maandag besoek het.
“Realisties gesproke wil ek binne die volgende ses tot agt weke ’n ooreenkoms bereik rakende die eerste fase van die onderhandelinge, die Brexit-verdrag,” het Barnier tydens sy besoek gesê.
Een van die grootste struikelblokke in die onderhandelings is hoe om doeane en ondersoeke deur die polisie op die grens tussen Noord-Ierland en die Ierse Republiek te vermy. Dié knelpunt is vir albei partye van groot belang, maar onderhandelinge hieroor is glo maande lank al op ’n dooiepunt. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie