Brexit: Ooreenkomste kan uitdaging wees
Terwyl Theresa May, die Britse premier, haar voorberei op onderhandelings oor hoe die land die Europese Unie (EU) in 2019 gaan verlaat, lê sy ook die grondslag vir onderhandelings met nie-EU-lande soos Amerika en China oor post-Brexit-handelsooreenkomste.
Al dié onderhandelinge vir Brexit sal plaasvind binne die raamwerk van die Wêreldhandelsorganisasie (WHO).
Die volgende vrae handel oor die belangrikste politieke en beleidskwessies wat Brittanje nou in die gesig staar in die aanloop van die inwerkingtreding van Artikel 50 van die Lissabon-verdrag wat die begin van die einde van Brittanje se lidmaatskap aan die Europese Unie is:
1. Moet Brittanje nadat hy die EU verlaat het, weer aansoek doen om lidmaatskap van die WHO?
Nee. Brittanje se lidmaatskap van die WHO is onafhanklik van sy EU-lidmaatskap.
2. Sal sommige handelsooreenkomste makliker wees vir Brittanje?
In teorie ja.
Brittanje kan ná Brexit redelik vinnig nuwe handelsooreenkomste tot stand bring met meer as 60 lande en streke, soos Suid-Korea, wat spesiale handelsooreenkomste met die EU het. Dit is omdat dié ooreenkomste oor marktoegang tussen die EU en hierdie gebiede verder gaan as wat die WHO vereis. Brittanje sal dus bloot dié ooreenkomste kan kopieer en die WHO daarvan in kennis stel.
Dié scenario veronderstel dat die lande wat reeds 'n spesiale ooreenkoms met die EU het, dit nie sal wil heronderhandel weens Brexit nie.
Kanada sluit hom binnekort aan by dié lande met spesiale ooreenkomste met die EU.
3. Wat van nuwe handelsooreenkomste met nie-EU-lidlande?
Dit gaan waarskynlik moeiliker vir Brittanje wees om nuwe handelsbande te skep met lande soos Amerika, China, Japan, Nieu-Seeland en Brasilië, wat nie vryhandelsooreenkomste met die EU het nie.
In dié geval sal van die verbintenisse wat die EU aan hierdie lande gegee het onder WHO-reëls, moontlik heronderhandel moet word met Brittanje. Die WHO sal dan die veranderings moet goedkeur.
“Eerstens is dié verbintenisse 'n slaggat met die EU tydens die Brexit-onderhandelings,” sê Jacques Bourgeois, senior raadgewer by die regsfirma Sidley Austin in Brussel.
“Dan, wanneer dit in Genève bespreek word, sal daar waarskynlik gevalle wees waar WHO-vennote ou koeie uit die sloot grawe. Dit is onvermydelik.”
Brittanje sal ná Brexit “tydraamwerke van verpligtinge” moet opstel vir toegang tot sy mark vir goedere en dienste vir WHO-lidlande wat nie deel van die EU is nie.
4. Word landbou geraak?
Ja. En landboubeleid is altyd 'n politieke tameletjie in Genève.
Een voorbeeld wat die potensiële struikelblokke illustreer: Die EU het onderneem om 230 000 ton lamsvleis van Nieu-Seeland in te voer waarvan Brittanje ongeveer die helfte neem.
Sal Brittanje die helfte van sy tariefvrye kwota neem as deel van sy ooreenkoms om die EU te verlaat? Indien wel, gaan Nieu-Seeland dit aanvaar?
Dieselfde geld hoenders vanaf Thailand waarvan 270 000 ton per jaar tariefvry na die EU uitgevoer word.
Dan is daar die vraag van politiek sensitiewe landbou-ooreenkomste. Die reg op handelsverwringende landbouhulp val onder WHO-ooreenkomste met die EU eerder as met individuele lande. Brittanje sal moet besluit of hy 'n deel van hierdie EU-regte wil kry – 'n stap wat 'n geveg met Europa se groot landboumoondhede, Frankryk en Duitsland, kan meebring.
5. Wat van nywerheidstariewe?
As die Brexit-ooreenkoms met die EU nie 'n doeane-unie behels nie, sal Brittanje sy eie invoertariewe vir tussen 9 000 en 10 000 nywerheidsprodukte moet opstel.
Die maklikste opsie sal wees om bloot die EU-tariewe te dupliseer, iets wat sy ambassadeur by die WHO gesê het die land “sover moontlik” sal doen.
As hy hoër tariewe instel, gaan hy moeilikheid optel by ander WHO-lande, terwyl laer tariewe weer Brexit-onderhandelinge sal bemoeilik.
Selfs al dupliseer Brittanje die EU-tariewe, kan sommige WHO-lande buite die EU in sekere gevalle benadeel word omdat Brittanje nie meer vir hulle 'n voet in die deur na die Europese mark sal gee nie. Gevolglik sal dié produkte wat van Brittanje na die EU uitgevoer word, twee keer belas word, sê Philippe de Baere, 'n handelsprokureur by Van Bael & Bellis in Brussel.
6. Wat van dienste?
Brittanje sal sy eie stel verbintenisse aan die WHO moet voorlê oor dienste soos bankwese, versekering en telekommunikasie aangesien die EU se verbintenisse ná Brexit nie meer van toepassing sal wees nie.
Net soos by goedere, kan Brittanje besluit om die EU se verbintenisse net so oor te neem. Maar om goedkeuring te kry vir Britse verbintenisse oor dienste kan moeilik wees as Brexit nie aan buitelandse maatskappye in Brittanje volle toegang tot die EU-mark gee nie.
Met Brexit-gesprekke as eerste uitdaging en met die res van die EU wat vir sowat die helfte van Brittanje se handel verantwoordelik is, is min kenners bereid om te voorspel hoe die land se toekomstige handelsooreenskomste gaan lyk.
– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie