Brexit: Su00f3 wil Corbyn vir Johnson tot u2019n val bring
Brexit: Su00f3 wil Corbyn vir Johnson tot u2019n val bring

Brexit: Só wil Corbyn vir Johnson tot ’n val bring

Die Arbeidersparty het ’n beroep op rebelse LP’s in die Konserwatiewe Party (Tories) gedoen om hulle by die mosie van wantroue teen die Britse premier te skaar.
Jeremy Corbyn, leier van die Arbeidersparty in Brittanje, se plan om te probeer keer dat Brittanje die Europese Unie (EU) op 31 Oktober sonder ’n ooreenkoms verlaat behels dat hy as “tydelike premier” sal dien as ’n mosie van wantroue teen Boris Johnson, premier, suksesvol is.

Sedert Johnson op 23 Julie as die nuwe leier van die Konserwatiewe Party in Brittanje aangewys is en gevolglik as die premier ingehuldig is, volhard hy met ’n veldtog om Brittanje uit die EU te neem, met of sonder ’n ooreenkoms.

Die Arbeidersparty het ’n beroep op rebelse LP’s in die Konserwatiewe Party (Tories) gedoen om hulle by die mosie van wantroue teen Johnson te skaar.

Corbyn het in ’n brief wat aan verskeie Tory-LP’s gerig is, gesê hy wil Brexit vertraag om sodoende ’n algemene verkiesing te hou.

Hy sê die Arbeidersparty sal voor so ’n verkiesing as deel van sy veldtog onderneem om ’n tweede referendum oor Brexit te hou, wat landsburgers die opsie sal gee om in die EU te bly drie jaar nadat die eerste referendum oor Brexit bepaal het die meeste Britte wil die EU verlaat.

“Die regering het geen mandaat vir ’n Brexit sonder ’n ooreenkoms nie en die 2016-referendum het nie voorsiening gemaak vir geen-ooreenkoms nie. Ek wil dus so gou moontlik ’n mosie van wantroue ter tafel lê sodra ons seker is dit gaan suksesvol deurgevoer word,” sê Corbyn.

Die parlement is tans in reses vir die somervakansie en open weer op 3 September. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!