Brexit sonder ooreenkoms al hoe waarskynliker
Brexit sonder ooreenkoms al hoe waarskynliker

Brexit sonder ooreenkoms al hoe waarskynliker

Te midde van ’n geskarrel in die wedloop om Theresa May as premier van Brittanje te vervang, raak die vooruitsig van ’n Brexit sonder ’n ooreenkoms al hoe meer waarskynlik.

Die jongste kandidaat wat homself beskikbaar gestel het om by May as premier oor te neem, is Michael Gove, die huidige Britse minister van omgewingsake.

May het Vrydag haar bedanking aangekondig omdat sy nie ’n Brexit-plan kon deurvoer nie.

Dit baan moontlik die weg vir ’n nuwe leier wat ’n meer verdelende skeiding met die Europese Unie (EU) kan deurvoer. Op sy beurt kan dit tot konfrontasie lei met Europese lande of selfs ’n parlementêre verkiesing.

Vier leiers van die Konserwatiewe Party het gesê Brittanje moet die EU op 31 Oktober verlaat, selfs al is daar nie besluit op ’n ooreenkoms nie.

“Ek sal veg vir ’n regverdiger ooreenkoms in Brussel, indien nie, sal ek duidelik wees daaroor dat ons (die EU) in Oktober verlaat volgens die terme van die Wêreldhandelsorganisasie,” het Dominic Raab, voormalige Brexit-minister, aan BBC TV gesê. Hy is ’n gunsteling om die pos as nuwe premier te vul.

Esther McVey en Andrea Leadsom, ook albei mededingers om dié pos, het Sondag soortgelyke kommentaar gelewer.

GUNSTELINGKANDIDAAT

Boris Johnson, voormalige minister van buitelandse sake en die gunsteling-kandidaat om May te vervang, het Vrydag gesê “ons sal die EU op 31 Oktober verlaat, met of sonder ’n ooreenkoms”.

Gove, wat voorheen ’n kandidaat in die stryd om leierskap in die Konserwatiewe Party was en uiteindelik deur May geklop is, het Sondag aan verslaggewers gesê hy bepan om weer mee te ding.

“Ek is reg om die Konserwatiewe en Unioniste-party te verenig, gereed om Brexit deur te voer en gereed om dié wonderlike land te lei.”

Hy het egter geen besonderhede oor sy planne vir Brexit bekend gemaak nie.

Die EU het gesê hy sal nie onderhandelinge heropen oor die onttrekking nie, wat reeds drie keer deur die Britse parlement verwerp is.

Britse wetgewers het ook herhaaldelik gestem teen die vooruitsig van ’n Brexit sonder ’n ooreenkoms. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!