Brexit: Uitstel bied uitvoerders blaaskans
Ronelle Rademeyer - Die moontlike negatiewe impak wat ‘n haakplek in die onderhandelinge vir ‘n nuwe handelsooreenkoms met Brittanje op uitvoerders kon hê, is deur die Brexit-uitstel afgeweer.
Gelukkig vir uitvoerders in die streek het die Europese Unie (EU) einde verlede week ná ’n agt ure lange vergadering in Brussel ingestem tot ’n verlenging van die Artikel 50-proses ingevolge waarvan Brittanje uit die EU sou tree.
Dit is sodat die Britse premier, me. Theresa May, een laaste keer kan probeer om haar Brexit-ooreenkoms goedgekeur te kry. Indien sy hierdie week daarin slaag, vind Brexit op 22 Mei plaas.
Indien Britse parlementariërs May se Brexit-ooreenkoms wéér van die tafel vee, moet sy teen 12 April sê wattter stappe Brittanje volgende gaan doen – met ander woorde of dié land sonder ’n ooreenkoms uit die EU gaan tree of dalk glad nie gaan Brexit nie, berig The Week in Brittanje.
Die nuwe handelsooreenkoms wat lande binne die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu) asook Mosambiek met Brittanje onderhandel om 'n gladde voorsetting van handel ná Brexit te verseker, het tydens ’n vergadering op 15 Maart vasgeval. Dit beteken dit sal eers bekragtig kan word wanneer Suid-Afrika se nuwe parlement na afloop van die buurland se algemene verkiesing op 8 Mei weer byeenkom.
Die haakplek het te make met hoe uitvoertariewe en -kwotas bereken moet word indien die verwerking van ’n uitvoerproduk (kumulasie) in ’n land buite die handelsvennootskap plaasvind.
Dié nuwe ooreenkoms moet toesien dat handel tussen lande in Suider-Afrika en Brittanje ná Brexit sonder enige ontwrigting voortgaan.
Dit sal die ekonomiese vennootskapooreenkoms (EPA) wat in 2016 met die Europese Unie (EU) onderteken is, vervang.
Dr. Rob Davies, Suid-Afrika se minister van handel en nywerheid, het verlede Maandag tydens ’n nuuskonferensie in Kaapstad verduidelik Brittanje het tydens die vergadering aangedui dat hy volle kumulasie vereis.
Dit is ’n afwyking van die voorwaardes in die EPA en volgens hom wil Sacu en Mosambiek die implikasies daarvan eers deeglik ondersoek.
Hy het verder verduidelik die uitstaande sanitêre en fitosanitêre kwessies kon wel tydens daardie vergadering afgehandel word.
Volgens die Daily Maverick het hy aan joernaliste gesê die kumulasie-kwessies sal vir Brittanje groter toegang tot markte in Sacu-lande en Mosambiek gee as vir die EU.
Davies het ook gesê die impak van die haakplek is dat die ooreenkoms nie bekragtig sal kan word voordat die Suid-Afrikaanse parlement vir dié land se verkiesing verdaag nie.
Dit sal nou moet wag tot ná die verkiesing op 8 Mei.
Mnr. Jannie Breytenbach, waarnemende uitvoerende hoof van Meatco, het vroeër aan Republikein gesê dié vleisverwerker het voorsiening gemaak vir uitvoerbelemmerings wat weens Brexit mag ontstaan.
Volgens hom het Meatco genoegsame hoeveelhede beesvleis na die Britse markte uitgevoer dat hy, in geval Brexit plaasvind voordat die nuwe handelsooreenkoms bekragtig is, sy kliënte vir ten minste ses weke kan bedien.
Die handel in goedere en dienste tussen Namibië en Brittanje beloop jaarliks sowat £70 miljoen (N$1,4 miljard), en beesvleis en tafeldruiwe is die vernaamste uitvoerprodukte.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie