Brexit (weer) in doodloopstraat
Brexit (weer) in doodloopstraat

Brexit (weer) in doodloopstraat

Brexit is in ’n doodloopstraat nadat Britse wetgewers nie Woensdag consensus kon bereik oor die pad vorentoe nie.

Al agt opsies waaroor die Britse laerhuis gestem het, is verwerp.

Die uitslag van die agt opsies is ná ’n vertraging bekend gemaak. Die speaker, John Bercow, het onder luide uitroepe aangekondig dat die tel van stemme nie teen 21:20 (Britse tyd) afgehandel sou word nie. Die uitslag is toe ongeveer ’n halfuur later bekend gemaak.

Theresa May, die Britse premier, het Woensdagaand aangekondig dat sy as premier sal bedank indien haar Brexit-ooreenkoms deur die parlement goedgekeur word – ’n laaste poging om steun vir haar ooreenkoms te kry. Haar aankondiging het stoere Brexit-skeptici soos Jacob Rees- Mogg oortuig om tog vir May se ooreenkoms te stem.

TERUGSLAG

May se Brexit-planne het egter nog ’n terugslag beleef to Arlene Foster, leier van die Demokratiese Unionistiese Party, gesê het die DUP sal nie May se planne steun nie. Die DUP en May se Konserwatiewe Party steun mekaar op belangrike punte in die laerhuis.

Wetgewers het ook laataand gestem om Brexit se datum te verander tot 12 April indien daar op ’n Brexit-ooreenkoms besluit kan word en tot 22 Mei indien Brittanje sonder ’n ooreenkoms uit die EU tree.

Politieke kommentators is egter van mening dat wetgewers nie sal toelaat dat Brittanje sonder ’n ooreenkoms uit die EU sal tree nie. Die moontlikheid van nog ’n referendum word nie uitgesluit nie.

May het twee jaar gelede ná ’n referendum art. 50 uitgeroep. Volgens art. 50 kan ’n lidland van die EU eensydig verklaar da thy die EU wil verlaat. Brittanje sou op 29 Maart die EU verlaat het, maar ná twee jaar se onderhandelinge kon May nie daarin slaag om die laerhuis se steun vir haar plan te kry nie.

Die feit dat daar nie op ’n plan besluit kan word nie wys daar is geen maklike opsie nie. Daar is nie ’n maklike pad vorentoe nie. Die plan wat die regering onderhandel het, is ’n middeweg . . . dit is die aard van ingewikkelde onderhandelinge.

“Die uitslag van die proses waardeur die huis vandag is, versterk ons mening dat die skikking wat die regering onderhandel het, die beste opsie is,” het Bercow gesê. – Netwerk24/Reuters/Bloomberg/SkyNews

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!