Brics-leiers 'moet na menseregte ook kyk'
AI-woordvoerder sê menseregteskending kom nog steeds te veel in alle Brics-lande voor.
Llewellyn Prince - Brics-staatshoofde moet in hul beraad in Suid-Afrika nie net oor ekonomiese samewerking praat nie, maar ook menseregte op die voorgrond plaas wat nog te dikwels in hul onderskeie lande geskend word, meen Amnestie Internasionaal (AI).
Presidente Xi Jinping van China, Wladimir Poetin van Rusland en Michel Temer van Brasilië asook Narendra Modi, Indië se premier, was verlede week gaste van pres. Cyril Ramaphosa terwyl hulle die Brics-beraad in Johannesburg bygewoon het.
Mienke Steytler, AI-woordvoerder in Suid-Afrika, het Donderdag gesê hoewel ekonomiese ontwikkeling en -samewerking hoog op die Brics-agenda is, moet gesprekke oor menseregte en hoe dit in bogenoemde staatshoofde se onderskeie lande, Suid-Afrika ingesluit, verbeter kan word, ook deel van die gesprekspakket wees.
Sy het gesê menseregteskending kom nog steeds te veel in alle Brics-lande voor – net soos in Suid-Afrika waar die naasbestaandes van die Marikana-slagting byvoorbeeld ses jaar later steeds wag vir geregtigheid om te geskied.
“'n Paar mense het wel vroeër oor die Marikana-slagting in 'n hof verskyn, maar ses jaar later is daar nog geen afsluiting vir die families nie.
ONGELYKHEID
“Verder is daar in Suid-Afrika ook daagliks ander menseregteskendings veral weens ongelykheid ten opsigte van onderwys en basiese dienslewering.
“Hierdie ongelykheid lei dikwels tot geweld, soos tans gesien kan word in protesoptogte oor dienslewering en behuising, terwyl daar ook baie ander onbedoelde gevolge weens die ongelykheid in Suid-Afrika is.”
Volgens Steytler is daar in Brasilië ook ernstige menseregteskendings weens polisiebrutaliteit en teregstellingsmoorde, terwyl daar byvoorbeeld ook steeds geen vordering gemaak word in die ondersoek na die moord in Rio de Janeiro op Marielle Franco, 'n menseregte-aktivis, nie.
“Hoewel Rusland onlangs 'n fantastiese sokkerwêreldbekertoernooi aangebied het waarvoor ons hulle loof, is dit egter 'n feit dat menseregte-aktiviste steeds onder enorme druk in daardie land verkeer.
“Ook in Indië is menseregte-skendings en families wat antwoorde soek oor hul familielede of menseregte-aktiviste wat of vermoor is of verdwyn het, word al hoe meer gedreig en geteister.
Steytler het bygevoeg dat Tashi Wangchuck, 'n Tibettaanse menseregte-aktivis in China, onlangs daar tronkstraf opgelê is omdat hy in 'n New York Times-video verskyn het. “Verder is daar talle ander menseregteskendings in daardie land.”
Volgens Steytler bied die Brics-beraad in Suid-Afrika daarom 'n goeie geleentheid vir die onderskeie staatshoofde om oor menseregte te praat en dit in hul lande te verbeter.
Sy het gesê ander magtige wêreldleiers, soos pres. Tayyip Erdogan van Turkye, en verskeie ander lande woon die beraad as genooide gaste by en moet daarom ook deel wees van gesprekke om menseregte in hul lande te bevorder.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie