Briefbomme aan Obama, Clinton 'n 'terreurdaad'
Die briefbomme wat die afgelope paar dae aan oudpres. Barack Obama en die voormalige Demokratiese presidensiële kandidaat Hillary Clinton, die nuusnetwerk CNN se buro in New York en verskeie ander politieke figure gestuur is, word deur die owerhede in Amerika as 'n terreurdaad beskou en as sulks ondersoek.
CNN berig nog verdagte posstukke is aan verskeie ander politici en senior regeringsamptenare gestuur.
Bill de Blasio, burgemeester van New York, het gesê dit was "duidelik 'n terreurdaad".
Pres. Donald Trump het gesê alles gaan in die stryd gewerp word in die ondersoek na die voorvalle.
Die briefbomme is afgelewer minder as twee weke voor die Amerikaanse kongresverkiesing.
Die pakkie gerig aan Clinton is Dinsdag gevind terwyl die een wat na Obama gestuur is Woensdag deur die geheime diens onderskep is. Nie Obama of Clinton was in gevaar nie, het die geheime diens Woensdag in ’n verklaring gesê.
VERDAGTE PAKKIE
Personeellede van CNN het Woensdagmiddag hul gebou in New York ontruim toe ’n verdagte pakkie daar ontvang is. Die pakkie het glo ’n pypbom bevat.
’n Verdagte ploftoestel is vroeër die week ook by die woning van die miljoenêr-filantroop en Demokratiese Party-skenker George Soros gevind.
Die Withuis het in ’n verklaring die briefbomme wat na Obama en Clinton gestuur is, skerp veroordeel.
“Die Amerikaanse geheime diens en ander wetstoepassingsagentskappe sal ondersoek instel en die nodige stappe doen om almal wat deur hierdie lafaards bedreig word, te beskerm,” het die Withuis gesê. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie