Bring eers al die skedels terug – Hoffmann
Die Swapo-parlementslid sê alle menslike oorskot wat steeds in Duitsland of elders is, moet na Namibië teruggestuur word.
Catherine Sasman
Die stigter van die Nama-volksmoordonderhandelinge en voorsitter van die Nama-volksmoord se tegniese komitee, me. Ida Hoffmann, sê alle menslike oorskot van Namibiese oorsprong wat steeds in Duitsland is, moet teruggestuur word voor onderhandelinge oor vergoeding kan plaasvind.
“Die kwessie wat ons hanteer, is 'n heilige saak. Vir ons is dit 'n gewyde en edele saak en dit moet met waardigheid en respek hanteer word. Ons voorvaders sal nooit namens hulself kan praat nie. Ons is hul stemme en alles wat ons doen, moet met eerlikheid gedoen word,” het Hoffmann verlede week gesê.
Sy verwys na 'n onlangse verklaring wat glo deur die Duitse spesiale gesant vir die volksmoordonderhandelinge, mnr. Ruprecht Polenz, gemaak is wat lui dat die volgende besending van 22 Namibiese skedels uit Duitsland aan die einde van Augustus na Namibië gestuur sal word.
Sy het bygevoeg daar is nog heelwat meer skedels in Duitsland wat teruggestuur moet word.
Die eerste besending van 20 skedels is in Oktober 2011 teruggestuur en in Maart 2012 nóg 35 skedels.
Sy het gesê daar is steeds 14 skedels by die Universiteit van Freiburg, wat reeds in 2011 gereed was om teruggestuur te word.
Nóg drie skedels is by die Universiteit van Freifswald geïdentifiseer en nóg by die Focke-museum in Bremen.
Hoffmann het gesê daar is ook skedels in Hamburg, Frankfurt en Amerika.
“Hoekom word Namibiese oorskot bietjie vir bietjie teruggebring?” vra Hoffmann.
Sy het herhaal dat alle menslike oorskot terugbesorg moet word voordat werklike besprekings oor vergoeding
kan plaasvind.
“Gewoonlik praat jy nooit oor erfstukke terwyl die liggaam steeds in die lykshuis is nie. Ons voorouers se liggame is steeds in universiteite en museums se lykshuise. Dit is oneerbiedig teenoor ons voorvaders, wat 'n behoorlike begrafnis nodig het,” het sy gesê.
Sy het gesê wat ook al die vergoeding behels wat die Duitse regering instem om te betaal, sal die Ovaherero en Nama se erfenis wees.
Hoffmann betreur die feit dat daar nog nooit enige formele begrafnis vir die voorvaders se menslike oorskot gehou is nie, behalwe vir die 24 sakke beendere wat deur die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) by padwerke in die Suide gevind is.
Dit is in 11 doodskiste deur Hoffmann en wyle hoofman Dawid Fredericks sonder die regering of ander tradisionele owerhede se hulp begrawe.
Sy het gesê 'n aantal beendere is ook by Charlottenbaai naby Lüderitz gevind wat nog nie gaan haal is of met die nodige respek hanteer is nie.
“Watter speletjie speel die Namibiese regering? Waarom is die menslike oorskot, tesame met die dokumente en Witbooi se Bybel wat in die Linden-museum in Stuttgart is, nog nie teruggestuur nie? Stel die regering kwessies uit?” het Hoffmann gevra.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie