‘Bring Namibiese skryfwerk na die wêreld’
Die sesde uitgawe van Doek!, Namibië se enigste literêre tydskrif, sal eerskomende Maandag op die virtuele rakke wees.
Dié uitgawe getiteld “Tomorrow/Together” is tans in die produksiefase.
“Ons is baie opgewonde om ons eerste geïllustreerde voorblad te onthul,” vertel die Doek!-span. Dit is ontwerp deur Romeo Sinkala, ’n plaaslike illustreerder. Romeo is ook die konsepontwerper van die 2021 Bank Windhoek Doek Literary Awards.
Hierdie uitgawe sal, soos die vorige vyf, ’n platform aan interessante stemme uit Namibië, Afrika en die Afrika-diaspora gee. Die lys van name wie se werk in dié uitgawe sal verskyn, word Vrydag bekend gemaak.
NEW YORK TIMES
Doek! was een van Afrika se literêre tydskrifte wat onlangs geloof is in die artikel “The New Magazines and Journals Shaping Africa’s Literary Scene” wat vanjaar in die New York Times verskyn het.
“Dit is wonderlik om te sien hoe kontinentale literêre tydskrifte soos Lolwe, Doek!, Bakwa, Isele Magazine en soveel ander wat uitdagende, maar noodsaaklike werk doen, erken word in internasionale publikasies soos die New York Times,” sê Rémy Ngamije, die Doek!-stigter.
“Al wat mense van Namibië ken, is ons sandduine, ons leeus en swartrenosters,” het Ngamije gesê. Maar met Doek! se fokus op spesifiek Namibiese letterkunde, het hy bygevoeg, hoop hy om “nie net Namibiese skryfwerk na Afrika en die wêreld te bring nie, maar ook 'n bietjie Afrika na ons toe te bring”.
Die New York Times ondersoek sommige van die uitdagings wat publikasies soos dié in die gesig staar. Dit beklemtoon ook die innoverende strategieë wat dikwels gebruik moet word om die harde werklikhede van die plaaslike uitgewersbedryf te oorleef.
“Met die hulp en ondersteuning van Namibiese en Afrikalesers en -skrywers bly ons nietemin toegewyd aan die reis wat ons begin het. Ons is, soos altyd, verheug om deel van hierdie Afrika-literêre oomblik te wees.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie