Britse diplomaat dood
’n Britse diplomaat wat die afgelope Saterdag dood langs ’n hoofweg in Beiroet, hoofstad van Libanon, gevind is, is vermoedelik ook verkrag, berig Daily Mail.
’n Lykskouing word op Rebecca Dykes (30) gedoen om vas te stel of sy seksueel aangerand is, berig Al Jadeed TV.
Dykes is verlede Vrydagaand laas gesien toe sy ’n restaurant en kroeg verlaat het. Sy is vermoedelik kort daarna aangeval.
Sy is met ’n tou om haar nek gevind. Daar word nie vermoed dat die moord polities gedrewe is nie.
Al Jadeed TV berig dat sy verkrag is, en dat die polisie die saak ondersoek.
Hugo Shorter, Britse ambassadeur in Beiroet, sê hulle is geskok en hartseer. “Ons dink aand Becky se familie, vriende en kollegas. Ons ondersteun hulle en werk saam met die owerhede in die ondersoek.” Dykes sou Saterdag vir Kersfees Engeland toe gevlieg het. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie