Britse gimnastiek ondersoek boelies
Britse gimnastiek ondersoek boelies

Britse gimnastiek ondersoek boelies

Die beheerliggaam vir gimnastiek in Brittanje (BG) het bevestig hy gaan ’n onafhanklike ondersoek doen oor bewerings van mishandeling en afknouery in die sport.
Berigte in die Britse media handel oor aantygings van verskeie voormalige gimnaste dat hulle deur afrigters en personeel geboelie is.
BG se aankondiging volg nadat die Britse atletiekkommissie (BAC), wat die land se Olimpiese en Paralimpiese atlete verteenwoordig, gevra het dat dié aantygings ondersoek word.
“Die optredes waarvan ons die afgelope paar dae te hore gekom het is heeltemal in teenstelling met ons standaarde van veilige afrigting en het geen plek in die sport nie,” sê Jane Allen, BG se grootbaas.
Die BAC sê: “Daar kan van geen atleet verwag word om magsmisbruik of swak praktyk te duld nie. Die gimnaste moet in ’n omgewing van vertroue en respek kan oefen en meeding, waar hulle ondersteun word om hul beste te lewer.
“Die BAC is bekommerd om te hoor van gimnaste se ondervindings wat skynbaar nie daardie standaarde weerspieël nie en doen ’n beroep dat enige aantygings deeglik ondersoek word.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!