Britse hoëkommissariaat groet studente
Die Britse hoëkommissariaat het Donderdag afskeid van nege Namibiërs geneem voor hulle vertrek om met nagraadse studies in Brittanje te begin.
Al nege Namibiërs word deur die Britse regering se Chevening-beursprogram en die Namibiese Petroleum Opleiding- en Onderwysfonds (Petrofund) in staat gestel om hulle studies voort te sit.
Die begunstigdes is: Omagano Kankondi (MSc in sakebestuur aan die Birbeck Universiteit van Londen); Michelle Hijamutiti (MSc in toegepaste omgewingsgeologie aan die Universiteit van Cardiff); Rosanne Kahuure (MPH in internasionale ontwikkeling aan die Universiteit van East Anglia); Lovisa Neshila (MSc in energiestudies aan die Universiteit van Dundee; Natalia Halweendo (MA in internasionale maatskaplike ontwikkeling aan die Universiteit van East Anglia); Shakwa Nyambe (LLM in olie- en gas-regte aan die Universiteit van Aberdeen, Twamanguluka Nambili (MSc in korporatiewe bestuur en sake-etiek aan die Birbeck Universiteit van Londen; Sevelus Nakashole (MSc in sake-strategie en entrepeneurskap aan die Universiteit van Cardiff); en Kemanya Amkongo (LLM in internasionale reg met die fokus op misdaad, justisie en menseregte aan die Universiteit van Birmingham).
Tydens die afskeidsfunksie het een van Namibië se Chevening-alumni, Vicky Matjila, gesê: “Chevening is ‘n wonderlike geleentheid vir slim en belowende Namibiërs. Ek is baie opgewonde vir hulle onthalwe, aangesien hulle ‘n reis van ‘n leeftyd onderneem wat vol ontdekkings, vreugde, opwinding en uitdagings sal wees.
“Om te studeer, is die mees buitengewone ondervinding wat ‘n mens kan hê, en ek is seker hierdie uitstaande Namibiërs sal die geleentheid aangryp en die beste van Namibies-Britse betrekkinge maak.”
Chevening-beurse is die Britse regering se globale beursprogram wat deur die kantoor vir buitelandse en statebond-aangeleenthede en vennootorganisasies gefinansier word. Die program beloon uitstaande studente met leierskappotensiaal van oor die wêreld om hul nagraadse studies aan Britse universiteite voort te sit.
Aansoeke vir volgende jaar se beurse het op 8 Augustus aanlyn geopen en sluit op 8 November vanjaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie