Britse miljardêr hoor Dinsdag oor borgtog
Mnr. Harvey Eric Boulter (51, foto), die Britse miljardêr en plaaseienaar van Kamanjab wat vandeesweek in die landdroshof op Outjo om borgtog aangesoek gedoen het, sal Dinsdag hoor of sy aansoek geslaag het.
Intussen sal Boulter die naweek in die hospitaal op Outjo onder polisiebewaking deurbring.
Hy het sedert die skietvoorval op 27 Februarie vanjaar op sy plaas wat tot die dood van sy voorman, mnr. Gerhard van Wyk, gelei het, nog nie een nag in die polisieselle deurgebring nie. Boulter staan tereg op 'n klag van moord.
Hy is sedert daardie tyd vir 'n skietwond aan sy hand behandel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie