Britse pa van twee op gasteplaas doodgeskiet
Britse pa van twee op gasteplaas doodgeskiet

Britse pa van twee op gasteplaas doodgeskiet

Estelle de Bruyn
‘n Britse man is Sondag op ‘n private gasteplaas in die Laikipia-gebied in die noorde van Kenia doodgeskiet, het twee van sy bure gesê.

‘n Keniaanse wetgewer het gewaarsku dat plaaslike politici in die aanloop tot verkiesings geweld aanstig.

In die afgelope maande was daar talle aanvalle in die droogtegeteisterde gebied van Laikipia, met beeswagters op soek na skaars weiding vir hul vee wat tienduisende beeste op private plase en gasteplase ingejaag het. Minstens 12 mense is al vermoor.

Die jongste slagoffer, Tristan Voorspuy, ‘n pa van twee en ‘n Britse ruitery-veteraan, het die maatskappy Offbeat Safaris bestuur. Hy is doodgeskiet nadat hy inspeksie gaan doen het by ‘n vriend se huis wat ‘n paar dae vantevore deur veewagters afgebrand is, het een van sy bure gesê.

Sarah Korere, ‘n parlementslid vir Laikipia-noord, het gesê die gewelddadige grondbesettings word aangestig deur politici wat stemme van ‘n sekere etniese groep soek vir nasionale verkiesings wat in Augustus plaasvind. - Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!