Britse slagoffer van senugas sterf
Britse slagoffer van senugas sterf

Britse slagoffer van senugas sterf

Een van die twee mense wat verlede week in Engeland met senugas vergiftig is, is Sondag­aand dood.

Reuters berig die Britse vrou, Dawn Sturgess (44), 'n ma van drie, is ook met Novichok vergiftig, net soos die oudspioen Sergei Skripal en sy dogter, Joelia, vier maande gelede.

Charlie Rowley, Sturgess se vriend, het ure na haar siek geword.

Die twee is in Salisbury in die suide van Engeland met die middel vergiftig, net 11 km van waar die Skripals siek geword het.

Die voormalige Sowjet-unie het die senugas tydens die Koue Oorlog vervaardig.

Die aanval op Skripal het toe spanning tussen Engeland en Rusland veroorsaak, wat ná die jongste voorval vererger.

The Washington Post berig Theresa May, die Britse Premier, het gesê die polisie ondersoek nou 'n moordsaak. Sturgess het glo die middel deur haar hande opgeneem toe sy na verneem word vullisdromme deurgesoek het vir items om te verkoop.

Die Verenigde Nasies se waghond vir chemiese wapens het bevestig die Skripals, Sturgess en Rowley is met Novichok vergiftig.

The Guardian berig die plaaslike regering van Salisbury het inwoners gewaarsku om nie onbekende voorwerpe aan te raak nie. Hulle kan nie die moontlikheid uitsluit dat daar nog van die senugas in die omgewing is nie.

Reuters berig Moskou het vroeër vanjaar verskeie diplomate uit Rusland geskop omdat Engeland en sy bondgenote meen Rusland het óf doelbewus die Skripals vergiftig, óf hulle het beheer oor die senugas verloor.

Die Skripals het oorleef nadat hulle lank in die hospitaal behandel is en is na 'n onbekende plek geneem. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!