Britse toeris sterf by Brukkaros
Die lyk van ’n 48-jarige Britse toeris wat saam met drie ander mans die Brukkaros-krater naby Berseba gaan klim het, is Dinsdag sowat 100 m vanaf hul kampeerplek gevind.
Die man is Saterdag as vermis aangegee, waarna die polisie ’n helikopter ingespan het om na om te soek. Lede van die gemeenskap en die Namibiese weermag het te voet gesoek.
Adj.komm. Kauna Shikwambi, polisiewoordvoerder, sê dit is nie bekend of hy gesterf het op pad na die krater of met sy terugkeer nie.
Sy sê hy is gevind toe die soekgeselskap die roete gestap het wat hulle vermoed het hy kon geneem het.
’n Nadoodse ondersoek word gedoen om vas te stel wat sy dood veroorsaak het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie