Britse verkiesing u2018sal voortgaan soos beplanu2019
Britse verkiesing u2018sal voortgaan soos beplanu2019

Britse verkiesing ‘sal voortgaan soos beplan’

Die burgemeester van Londen, Sadiq Khan, het gisteroggend gesê die algemene verkiesing sal soos beplan eerskomende Donderdag plaasvind.

Hy het Saterdagaand se terreuraanval in die stad as kwaadwillig en lafhartig beskryf.

Die Britse regering het wel gister aangekondig dat geen verdere verkiesingsveldtogte sal plaasvind nie.

Khan sê in die onderhoud terroriste haat verkiesings en demokrasie.

“Terroriste wil ons keer om ons vryhede te geniet. Hulle wil ons keer om Donderdag in die verkiesing te stem. Ons kan dit nie toelaat nie. Ek is nie ten gunste daarvan om die verkiesing uit te stel nie. Ek glo passievol in demokrasie. Een van die dinge wat hierdie terroriste haat, is demokrasie,” het Khan in sy boodskap gesê.

Khan het ook aan die media gesê hy sou later gister die Kobra-veiligheidsvergadering, gelei deur die premier, Theresa May, bywoon.

Hy glo mense moet kalm en waaksaam wees en met hul daaglikse lewe voortgaan.

Hy sê egter die bedreiging bly steeds baie ernstig en die kanse vir nog aanvalle is baie waarskynlik.

“Die inwoners van Londen sal van vandag af ’n groter polisieteenwoordigheid in die stad sien.

“Londen is steeds een van die veiligste stede ter wêreld,” het Khan gesê.

Khan is in Maart vanjaar skerp gekritiseer omdat hy na inwoners se mening te lank gevat het om ná die terreuraanval op die Westminster-brug ’n mediaverklaring uit te reik. Vyf mense is in dié voorval dood. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!