Britse winskopie-winkel kry dalk tóg SA eienaar
Nellie Brand-Jonker - Suid-Afrika se kleinhandelgroep Steinhoff gaan voortgaan met sy aanbod om die Britse winskopie-winkelgroep Poundland te koop.
Die direksies van die twee ondernemings het aangekondig hulle het ’n ooreenkoms bereik oor die voorwaardes van ’n aanbod deur Steinhoff om al Poundland se aandele met kontant teen sowat R11,4 miljard (£597 miljoen) te koop.
Poundland is ’n kettingwinkel wat op goedkoper produkte fokus en kry sy naam daarvan dat hy die meeste produkte teen £1 verkoop. Die maatskappy het sowat 850 winkels in Brittanje.
Dit is die derde keer vanjaar dat Steinhoff ’n oorsese winkelgroep in sy visier het sedert hy einde verlede jaar sy hoofnotering van Johannesburg na Frankfurt geskuif het.
Elke Poundland-aandeelhouer gaan 222p vir elke aandeel kry.
Dit sluit die laaste dividend van 2p per Poundland-aandeel in wat die maatskappy middel Junie bekend gemaak het toe die resultate vir die jaar tot einde Maart bekend gestel is.
Steinhoff het middel Junie bevestig hy het amper 23% van Poundland gekoop en gesê hy oorweeg dit om ’n aanbod te doen om die maatskappy te verkry.
Steinhoff het verlede jaar die Suid-Afrikaanse sakeman dr. Christo Wiese se Pepkor-groep, wat Pep en Ackermans besit, oorgeneem. Wiese het in die transaksie die grootste aandeelhouer van die vergrote Steinhoff geword en is die voorsitter van die groep.
Steinhoff besit ook HiFi Corp, Incredible Connection, JD, Pennypinchers, The Tile House, Timbercity en word steeds van Stellenbosch af bestuur.
Steinhoff wil in Europa uitbrei waar hy met Swede se Ikea meeding. Die maatskappy besit reeds Bensons for Beds-kettingwinkels in Brittanje en die Franse meubelhandelaar Conforama.
Poundland se resultate vir die jaar het getoon sy wins het skerp gedaal. Die Britse media het berig dit is omdat Poundland so sukkel dat hy ’n oornameteiken geword het.
Poundland het verlede jaar sy mededinger 99p gekoop en het gesukkel met die oorname.
Die aanbod van Steinhoff is ver onder die aandeelprys van 300p toe beleggers aan ’n aanvanklike openbare aanbod van Poundland in 2014 deelgeneem het.
Sy aandeelprys het egter al Oktober verlede jaar onder die 300p begin insak en al so laag as 129p gedaal.
Sy aandeelprys het gisteroggend skerp gespring met amper 13% tot 221p.
Die kontantaanbod van 222p is 40% hoër as die sluitingsprys van Poundland op 13 Junie, een dag voordat Steinhoff sy aandele gekoop het.
Die Poundland-direkteure beoog om die aanbod aan te beveel aan die aandeelhouers.
Steinhoff het onherroeplike ondernemings om ten gunste vir die aanbod te stem van 9% van die aandeelhouers gekry. Dit sluit die direkteure in.
Die aanbod moet deur 75% van die aandeelhouers goedgekeur word.
Markus Jooste, uitvoerende hoof van Steinhoff, sê hulle is entoesiasties oor die geleenthede wat die transaksie bring. “Ons glo daar is wesenlike meriete daarin om Poundland in Steinhoff se internasionale netwerk in te sluit. Steinhoff is besig om in ’n vinnig groeiende prysleier-kleinhandelonderneming in Brittanje en die res van Europa te ontwikkel.” - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie