'Brittanje het bewyse Rusland maak sluipmoordgif'

Rusland vervaardig al 'n dekade die dodelik gifstof novichok om internasionaal sluipmoorde uit te voer.

Só het die Britse minister van buitelandse sake, Boris Johnson, Sondag beweer te midde van die ­verslegtende diplomatieke verhouding tussen ­Brittanje en Rusland.

Johnson het op 'n TV-program, The Andrew Marr Show op BBC, gesê Brittanje het bewyse dat Rusland die afgelope tien jaar die gifstof ontwikkel het en 'n voorraad daarvan opgehou het.

Die woorde-oorlog tussen die twee moondhede is verlede week op die spits gedryf toe die Britse premier, Theresa May, besluit het om 23 Russiese diplomate wat volgens haar vir die Russiese intelligensiediens werk, uit Brittanje te skop. Rusland het dae later 23 Britse diplomate uit Rusland geskop.

Die oorsaak van die onmin is die vergiftiging van 'n voormalige spioen, Sergei Skripal en sy dogter, Joelia, twee weke gelede in Salisbury. Die twee is steeds in 'n kritieke toestand in die hospitaal.

Die polisie het die eetplek en ­kuierplek waar Skripal en sy dogter gekuier voordat hulle bewusteloos op 'n parkbankie gevind is, gefynkam vir ­leidrade.

Dié besighede is steeds gesluit. Weens die polisie se kordonne om dié twee plekke word sake in die gebied erg in die wiele gery, berig die Evening Standard.

Ook Skripal se huis en die grafte van sy vrou en seun in die begraafplaas word gefynkam vir leidrade.

Daar is tans steeds nie duidelikheid oor hoe Skripal en sy dogter vergiftig is nie. Onder die teorië is dat die gif in Joelia se bagasie was toe sy van 'n onlangse besoek aan Rusland teruggekeer het en dat dit dalk op blomme was wat Skripal op sy vrou se graf geplaas het.

Nog 'n moontlikheid is dat die gif aan sy motor se deure aangebring is.

Speurders van die organisasie vir die verbod op chemiese wapens sou gister in Salisbury aankom.

Die Russiese ambassade in Londen, wat Sondag oop was sodat Russiese burgers daar kon stem in die land se verkiesing, het weer op Twitter die gek geskeer met Brittanje.

“In absence of evidence, we definitely need Poirot in Salisbury! — Russian Embassy, UK (@RussianEmbassy)”.

Die Russiese ambassadeur in Brittanje, Wladimir Chizhof, het ontken dat die 23 diplomate spioene is.

Johnson sou gister 'n noodvergade­ring van die Noord-Atlantiese ­Verdragsorganisasie (Navo) in België toegespreek het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!