Brittanje moet dán aan EU onttrek – LP's
Die Britse premier, Theresa May, se opvolger moet haar Brexit-ooreenkoms met die Europese Unie (EU) van die tafel vee en hom daartoe verbind om Brittanje op 31 Oktober uit die EU te onttrek, het die invloedryke pro-Brexit-groep Tory-parlementslede (LP's) Woensdag gesê.
May tree Vrydag uit as leier van die Konserwatiewe Party en die eerste ronde van die verkiesing van 'n opvolger sal aanstaande week gehou word.
Verskeie van die 11 kandidate wat haar wil opvolg het gesê hulle sal veranderings aan haar ooreenkoms probeer aanbring, ondanks die EU se standpunt dat hulle nie onderhandelings sal hervat nie.
Die Europese Navorsingsgroep (ERG), die Tory-groep wie se teenstand teen May se ooreenkoms gehelp het dat haar ooreenkoms drie keer in die parlement verslaan is, meen Brittanje moet nie voorstel dat die ooreenkoms hersien word nie.
“Die onttrekkingsooreenkoms en die politieke verklaring het volkome misluk. Hulle gaan nie terugkom nie. Die volgende leier . . . moet dit weet en dienooreenkomstig optree,” het Steve Baker, ondervoorsitter van die ERG, gesê.
Die groep sê in 'n dokument getiteld “A Clean Managed Brexit”, wat Dinsdag die lig gesien het, dat die vertraging in Brittanje se onttrekking groot skade aan die openbare vertroue aangerig het “en 'n bedreiging” vir die bestaan van die Tories inhou.
“Daarom moet dit die regering se onwrikbare beleid wees om die EU teen 31 Oktober 2019 te verlaat,” lui die dokument.
Baie van die aanspraakmakers op die leierskap van die Tories, onder wie Boris Johnson, het gesê dat Brittanje die EU op 31 Oktober met of sonder 'n ooreenkoms moet verlaat.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie