Britte kla oor ingevoerde staal vir Big Ben
Britse staalvervaardigers blyk hulself in dieselde posisie as hul Suid-Afrikaanse eweknieë te bevind.
Die Britse regering het besluit om eerder buite die land se grense na staal te gaan soek as om staal wat in hul eie agterplaas is, te gebruik.
Boonop word dié ingevoerde staal gebruik vir die restourasiewerk aan die ikoniese Big Ben-klokhorlosie in die Elizabeth-toring van die Westminster-paleis, berig The Telegraph.
Staal vir dié projek word van Duitsland, Brasilië en die Verenigde Arabiese Emirate ingevoer.
’n Parlementêre vraag oor die oorsprong van die massiewe staalsteierwerk wat om die toring vir die restourasiewerk gebou is, het onthul dié staal is ingevoer.
Stephen Kinnock, ’n LP, het in die algemene vergadering vrae gestel oor die projek wat glo £61 miljoen (R1,1 miljard) gaan kos.
Die klokhorlosie in die toring sal vier jaar lank nie lui nie terwyl die herstelwerk aan die gang is.
Die kommissie wat aan die hoof van die projek staan, sê die hoeveelheid staal wat verkry moes word, het hulle gedwing om van die staal in te voer.
Kinnock het egter uitgevaar en gesê: “Big Ben word wêreldwyd as ’n simbool van ons land beskou. Die restourasiewerk daarvan word egter vinnig ’n simbool van ons land se onverskillige en onbevoegde benadering tot ons staalbedryf.
“Britse staalwerkers vervaardig die beste staal wat geld kan koop. Hulle maak dit hier reg op ons voorstoep.”
In Suid-Afrika is die regering ook erg gekritiseer aangesien Eskom se nuwe Kusile-kragstasie byna geen plaaslik vervaardigde staal bevat nie. Sowat 115 400 ton staal wat vir die ses eenhede van dié kragstasie gebruik word, is ingevoer.
Johan Burger, uitvoerende hoof van Highveld Steel, sê dit is ’n groot rede hoekom dié vervaardiger sy bedrywighede in 2015 moes staak. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie