Britte moet laaste stukkie koloniale besit in Afrika teruggee
Britte moet laaste stukkie koloniale besit in Afrika teruggee

Britte moet laaste stukkie koloniale besit in Afrika teruggee

Brittanje moet so gou as moontlik die Chagos-eilandgroep in die Indiese Oseaan wat hy sedert 1965 beset, teruggee aan Mauritius, het die Verenigde Nasies (VN) se hoogste hof bevind.

Hoewel die bevinding van die internasionale hof in Den Haag net raadgewend is, is die bevinding ’n verleentheid vir Brittanje se prestige in die oë van die wêreld, berig The Guardian.

Die hof het Maandag bevind die losmaking van die Chagos-eilande van Mauritius in 1965 was ’n wederregtelik daad van die Britte sonder dat die vrye wil van die inwoners in ag geneem is.

Die Britte het destyds al die plaaslike Kreoolse inwoners van die eilande afgesit.

Net een van die sewe eilande, Diego Garcia, word deur die Britte gebruik. Hulle het Amerika toegelaat om ’n baie strategiese militêre lugmagbasis daar te bou.

Namira Negm, regsverteenwoordiger vir die Afrika-unie (AU), het gesê dit is ondenkbaar dat daar vandag in die 21ste eeu steeds ’n deel van Afrika is wat deur ’n Europese koloniale mag beheer word.

INTERNASIONALE HOF

Prof. Philippe Sands wat Mauritius verteenwoordig het in Den Haag, het gesê dis moeilik om te dink Brittanje sal hierdie uitspraak ignoreer “terwyl hy besig is om vorentoe te beweeg met Brexit”.

“Brittanje was nog altyd trots daarop dat hy respek het vir die reg.”

Altesaam 13 van die 14 regters van die internasionale hof het met die bevinding saamgestem dat Brittanje die eilande moet teruggee. Die 14de een wat verskil het, was ’n regter van Amerika, berig NPR.

Brittanje het by monde van ’n woordvoerder van die ministerie van buitelandse sake gesê hy sal “versigtig” na die hof se bevinding kyk.

“Die militêre terrein daar help om mense in Brittanje en oor die wêreld heen te beskerm teen terroriste-aanvalle, georganiseerde misdaad en seerowery,” het hy gesê.

Brittanje het in die verlede al gesê hy sal die eilande aan Mauritius teruggee wanneer hy dit nie meer nodig het vir militêre doeleindes nie, berig die BBC. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!