Britte se stem vandag is maak of breek vir Brexit
Britte se stem vandag is maak of breek vir Brexit

Britte se stem vandag is maak of breek vir Brexit

Ronelle Rademeyer
Die algemene verkiesing vandag in Brittanje baan die weg vir Brexit om deurgevoer te word. Dít is as Boris Johnson, premier en leier van die Konserwatiewe Party, wen.

As sake anders verloop, is daar nog ’n Brexit-referendum in die nabye toekoms, wat die besluit kan omkeer dat Brittanje die Europese Unie (EU) verlaat.

Stembusse het om 09:00 Namibiese tyd in Brittanje oopgemaak en die eerste uitslae word reeds van 01:00 Vrydagoggend af verwag. Al die stemme behoort teen 07:00 getel te wees.


Nadat Johnson nie die sperdatum van 31 Oktober kon haal om Brexit deur te voer nie, het hy die algemene verkiesing vir 12 Desember afgekondig om die “politieke verlamming” wat deur Brexit teweeg gebring is tot ’n einde te bring, wat ook vertroue in die ekonomie geknou het.

Johnson het aanvanklik bloedneus in die parlement oor dié voorstel gekry, maar die parlement het later ingestem om vir die eerste keer in byna 100 jaar ’n verkiesing oor die Kerstyd te hou.

Dié verkiesings volg nadat die Britte reeds in 2016 gestem het dat hulle die EU wil verlaat, maar gesukkel het om ’n ooreenkoms met die EU te bereik.

Johnson (55) was tydens die 2016-referendum die gesig van die Brexit-veldtog en sy slagspreuk vir vandag se verkiesing is “Get Brexit Done”. Hy het ook onderneem om meer aan gesondheid, onderwys en die polisie te bestee.

Jeremy Corbyn (70) van die Arbeidersparty is Johnson se grootste teenstander.

Hy het onderneem om sleuteldienste te nasionaliseer, meer belasting vir die rykes en nog ’n Brexit-referendum. – Netwerk24/Reuters

Foto: Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!